Woord vir Vandag - 2 Aug 2025

Loading player...
“Doen jou bes om jou werk so te doen dat God trots sal voel op jou…” 2 Timoteus 2:15 DB
‘n Woord aan gegradueerdes
Gegradueerde, hier is elf lesse om jou te bemagtig en jou te inspireer: 1) Jy is hier vir ‘n rede en die belangrikste is om hierdie rede te ontdek. 2) Volg jou passie. Jy mag dalk nog nie weet wat dit is nie, maar maak dit jou missie om dit uit te vind. 3) Alhoewel jy dalk van ‘n maatskappy se produkte hou, beteken nie noodwendig dat jy dit sal geniet om vir die maatskappy te werk nie. 4) Moenie net bedank omdat die werk moeilik is nie. Bedank omdat jy diep binne-in jou weet dat daar iets anders is wat jy veronderstel is om te doen, of dat jy nie besig is om die werk of jouself te verbeter nie, of omdat jy weet dat jy nie meer veronderstel is om daar te wees nie. 5) Leer uit elke ervaring. Elke werk berei jou voor vir die werk waarvoor jy gebore is. 6) Jou huidige werk mag dalk nie jou hoogste doelwit wees nie, maar dit kan as ‘n wegspringplek daartoe dien. 7) Wees diensbaar waar jy ook al werksaam is. Om in mindere mate diensbaar te wees, bied jou geleenthede om in groot mate te dien. 8) Jou droomwerk is dikwels nie die een waarvan jy gedroom het nie. Ons beland gereeld in merkwaardige loopbane buite die grense van ons grade. 9) Die pad om jou doelwit te bereik is met uitdagings, oorwinnings, ompaaie, doodloopstrate en uitstel gesaai. Bly hoopvol en getrou. 10) Jy mag dalk iets onmiddellik wil hê, maar wanneer dit gebeur het, sal jy reg wees daarvoor? 11) Saad val op die grond sodat dit vir ‘n groter doel gebruik kan word. Plant jouself en laat jouself vir ‘n oes, wat ander sal bevoordeel, gebruik word.
1 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 19 Aug 2025

“…Wees almal eensgesind, simpatiek, lief vir mekaar, goedhartig en nederig.” 1 Petrus 3:8 NLV Hoe om met ander oor die weg te kom Plaas jouself in die ander persoon se skoene en probeer dinge uit hulle perspektief te sien. Dit is een van die groot geheime om met kliënte te…
12 Aug 2 min

Word for Today - 19 Aug 2025

“All of you be of one mind…love as brothers, be tender-hearted, be courteous.” 1 Peter 3:8 NKJV How to get along with others Put yourself in the other person’s shoes and try to see things from their point of view. That’s one of the great keys to working with clients,…
12 Aug 2 min