Woord vir Vandag - 31 Julie 2025

Loading player...
“…Hy sal die goeie nie weerhou van hulle wat doen wat reg is nie.” Psalm 84:12 NLV
Pasop vir gierigheid
Gierigheid beroof jou van tevredenheid. Jy blaai deur ‘n dekor-tydskrif en die huis waarvoor jy ‘n uur gelede nog dankbaar was, lyk skielik afgeleef. Of jy sien ‘n advertensie vir ‘n nuwe motor op TV en die kar in jou oprit lyk skielik soos ‘n skedonk. God verwag van jou om doelwitte vir jou lewe te hê en vir jou gesin te voorsien, maar jy moet versigtig wees dat jy nie só na dinge smag dat jy behep daarmee raak nie. Toe Israel oorlog teen Jerigo gevoer het, het God hulle beveel om alles in die stad te vernietig. Later, toe Israel egter die klein dorpie Ai bestorm en ‘n vernederende nederlaag ly, was Josua diep ontsteld. Toe hy God vra waarom hulle die geveg verloor het, het God hom geantwoord dat dit as gevolg van sonde in die Israelitiese kamp was. Toe Josua ondersoek instel, het Akan, een van sy soldate, bely: ‘Ek het tussen die buit pragtige klere… gesien en ook silwer… en ‘n stuk goud…. Ek het dit begeer en toe vir myself gevat…’ (Josua 7:21 NLV). Toe Akan sy sonde probeer wegsteek het deur die gesteelde buit in sy tent weg te steek, het dit sy en sy gesin se lewens gekos. Wanneer jy gierig is, bevraagteken jy God se wysheid, gewilligheid en vermoë om aa jou te voorsien. Wanneer jy graag iets wil hê, bid daaroor en vertrou God om dit vir jou te gee – mits dit volgens sy wil is. Sy Woord verseker ons: ‘…Hy sal die goeie nie weerhou van hulle wat doen wat reg is nie.’ Wanneer jou begeerte is om sy wil te doen, beloof Hy: ‘En God is in staat om aan julle elke gawe in oorvloed te gee sodat julle in elke opsig altyd van alles genoeg kan hê…’ (2 Korintiërs 9:8 NLV).
30 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 19 Aug 2025

“…Wees almal eensgesind, simpatiek, lief vir mekaar, goedhartig en nederig.” 1 Petrus 3:8 NLV Hoe om met ander oor die weg te kom Plaas jouself in die ander persoon se skoene en probeer dinge uit hulle perspektief te sien. Dit is een van die groot geheime om met kliënte te…
12 Aug 2 min

Word for Today - 19 Aug 2025

“All of you be of one mind…love as brothers, be tender-hearted, be courteous.” 1 Peter 3:8 NKJV How to get along with others Put yourself in the other person’s shoes and try to see things from their point of view. That’s one of the great keys to working with clients,…
12 Aug 2 min