Woord vir Vandag - 30 Julie 2025

Loading player...
“…Ek het jou lief met ‘n liefde wat nooit ophou nie…” Jeremia 31:3 NLV
God is steeds lief vir jou!
Dr Gerald Mann skryf: ‘Moraliseerders is lief daarvoor om ons daaraan te herinner dat koning Dawid se lewe ná Batseba op die afdraande pad was. Hulle noem die lang lys van sy ellendes op: die baba uit die onwettige verbintenis het gesterf. Hy het nooit sy morele statuur herwin nie. Sy seuns het oor opvolging gestry. Een van hulle is onthoof omdat hy probeer het om hom te onttroon. God het hom sy grootste droom ontneem: om die Tempel te bou – daar was te veel bloed aan sy hande! Kyk egter weer na die verhaal. Die openingswoorde van die boek Spreuke dwing sulke selfgeregverdigde uitsprake tot stilte: ‘Hierdie is die spreuke van Salomo, die seun van Dawid, die koning van Israel’ (Spreuke 1:1, NLV). Salomo, die fontein van God se wysheid, het uit twee mense wat hul persoon en voorreg verontreinig het, voortgespruit. Van al Dawid se heldedade – die reuse wat hy verslaan het, die koninkryk wat hy versterk het, die psalms wat hy geskryf het - was sy grootste prestasie egter die seun van sy oudag. Salomo is ‘n monument van teenstrydigheid vir al die moraliste. Salomo met sy groot insig, visie en vooruitstrewende wysheid het aan die knieë van twee gebroke siele wat deur die vuur van vergifnis herstel is en die genade van ’n tweede kans ontvang het, grootgeword.’ Die Bybel waarsku ons oor die gevolge van sonde omdat enigiets wat jou kan seermaak, God raak - Hy wat jou liefhet en net die beste vir jou wil hê. God se liefde vir jou het egter geen vervaldatum nie. Hy het gesê: ‘Ek het jou lief met ‘n liefde wat nooit ophou nie.’ Die waarheid is: God is steeds lief vir jou!
29 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 19 Aug 2025

“…Wees almal eensgesind, simpatiek, lief vir mekaar, goedhartig en nederig.” 1 Petrus 3:8 NLV Hoe om met ander oor die weg te kom Plaas jouself in die ander persoon se skoene en probeer dinge uit hulle perspektief te sien. Dit is een van die groot geheime om met kliënte te…
12 Aug 2 min

Word for Today - 19 Aug 2025

“All of you be of one mind…love as brothers, be tender-hearted, be courteous.” 1 Peter 3:8 NKJV How to get along with others Put yourself in the other person’s shoes and try to see things from their point of view. That’s one of the great keys to working with clients,…
12 Aug 2 min