Woord vir Vandag - 30 Julie 2025

Loading player...
“…Ek het jou lief met ‘n liefde wat nooit ophou nie…” Jeremia 31:3 NLV
God is steeds lief vir jou!
Dr Gerald Mann skryf: ‘Moraliseerders is lief daarvoor om ons daaraan te herinner dat koning Dawid se lewe ná Batseba op die afdraande pad was. Hulle noem die lang lys van sy ellendes op: die baba uit die onwettige verbintenis het gesterf. Hy het nooit sy morele statuur herwin nie. Sy seuns het oor opvolging gestry. Een van hulle is onthoof omdat hy probeer het om hom te onttroon. God het hom sy grootste droom ontneem: om die Tempel te bou – daar was te veel bloed aan sy hande! Kyk egter weer na die verhaal. Die openingswoorde van die boek Spreuke dwing sulke selfgeregverdigde uitsprake tot stilte: ‘Hierdie is die spreuke van Salomo, die seun van Dawid, die koning van Israel’ (Spreuke 1:1, NLV). Salomo, die fontein van God se wysheid, het uit twee mense wat hul persoon en voorreg verontreinig het, voortgespruit. Van al Dawid se heldedade – die reuse wat hy verslaan het, die koninkryk wat hy versterk het, die psalms wat hy geskryf het - was sy grootste prestasie egter die seun van sy oudag. Salomo is ‘n monument van teenstrydigheid vir al die moraliste. Salomo met sy groot insig, visie en vooruitstrewende wysheid het aan die knieë van twee gebroke siele wat deur die vuur van vergifnis herstel is en die genade van ’n tweede kans ontvang het, grootgeword.’ Die Bybel waarsku ons oor die gevolge van sonde omdat enigiets wat jou kan seermaak, God raak - Hy wat jou liefhet en net die beste vir jou wil hê. God se liefde vir jou het egter geen vervaldatum nie. Hy het gesê: ‘Ek het jou lief met ‘n liefde wat nooit ophou nie.’ Die waarheid is: God is steeds lief vir jou!
29 Jul 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 May 2026

“I am with you always.” Matthew 28:20 NKJV Today God is “with you” To have a personal relationship with someone, there must be two-way communication. Even the most uncommunicative husband has to grunt every once in a while, or it isn’t a marriage—it’s a monologue. So, the Lord being with…
22 Apr 1 min

Woord vir Vandag - 31 Mei 2026

“…Ek is vir altyd by julle…” Matteus 28:20 NLV God is vandag ‘by jou’ Om ‘n persoonlike verhouding met iemand te hê, moet daar tweerigtingkommunikasie wees. Selfs die mees in homself gekeerde man moet elke nou en dan instemmend grom, anders is dit nie ‘n huwelik nie - dis ‘n…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 May 2026

“God speaketh…in a dream, in a vision of the night.” Job 33:14-15 KJV Ask God for a dream Job the patriarch said: “For God may speak in one way, or in another, yet man does not perceive it. In a dream, in a vision of the night…while slumbering on their…
22 Apr 2 min

Woord vir Vandag - 30 Mei 2026

“Hy praat deur drome en visioene, in die nag wanneer mense diep slaap.” Job 33:15 NLV Vra God vir ‘n droom Die patriarg Job het gesê: ‘Maar God praat op verskillende maniere. Ons kom dit net nie agter nie. Hy praat deur drome en visioene, in die nag wanneer mense…
22 Apr 2 min

Word for Today - 29 May 2026

“That I myself may be in them.” John 17:26 NIV God is working in you, with you, and through you Just before He was arrested and taken to the cross, Jesus prayed: “[Father], I have made you known to them, and will continue to make you known in order that…
22 Apr 2 min