Regering bou 300 huise, Shack Dwellers 3 100

Loading player...
President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê 3 492 wooneenhede is in aanbou, waarvan meer as 3 100 onder die Schack Dwellers-federasie in al 14 streke ontwikkel word. Die regering self bou net meer as 300. Kosmos 94.1 Nuus het met Heinrich Amushila van die federasie gepraat wat sê hulle het ook ander befondsing ontvang vir die opgradering van informele nedersettings en die diens van erwe.
25 Jul 2025 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Krieket: Australië se Usman Khawaja tree uit

Die Australiese kolwer Usman Khawaja het aangekondig hy gaan uittree na die vyfde toets om die As wat Sondag in Sydney begin. In sy loopbaan van 15 jaar het die 39-jarige meer as agtduisend internasionale lopies in verskillende formate aangeteken, en in 87 toetse, 40 eendagwedstryde en nege T20-internasionale wedstryde…
3 Jan 12AM 1 min

Copps 94.1: Polisie maai onder verneemde dwelmsmouse

Copps 94.1 het ‘n bedrywige eerste Vrydagaand van die nuwe jaar agter die rug met die polisie op Walvisbaai wat op inligting van die publiek reageer en op verskeie vermeende dwelmsmouse op die kusdorp toegeslaan het. Francois Lottering van Kosmos 94.1 was op die toneel en doen verslag:
2 Jan 11PM 1 min

Nasionale Energiepakt wil krag in Namibië verbeter

Namibië het by 'n kontinentale veldtog, Missie 300, aangesluit om 300 miljoen mense teen 2030 aan elektrisiteit te koppel, met die bekendstelling van sy Nasionale Energiepakt onder die inisiatief. Missie 300 is daarop gemik om toegang tot elektrisiteit uit te brei, en Namibië se deelname fokus op landspesifieke hervormings, teikens…
2 Jan 5AM 1 min

Waghond eis dat Joburg se water getoets word

Die voorspraakbeweging Soil of Africa eis onafhanklike watertoetsing met betekenisvolle gemeenskapstoesig in die Stad Johannesburg. Dit volg nadat Johannesburg Water as 'n voorsorgmaatreël met watergehaltetoetse in dele van die middestad begin het, nadat gebruikers oor 'n ongewone reuk in kraanwater gekla het. Die beweging se voorsitter, Bongani Ramontja, het gewaarsku…
2 Jan 5AM 1 min

Meer as 7 000 mense by SA grensposte onderskep

Die grensbestuursowerheid en die Suid-Afrikaanse weermag het sedert 10 Desember gesamentlik meer as 7 000 mense onderskep wat onwettig probeer het om die land binne te kom. Die meeste hiervan was Zimbabwiese burgers wat die Groblersbrug-grenspos onwettig wou oorsteek. Kommissaris Mike Masiapato het aan die SABC gesê die grensposte by…
2 Jan 3AM 1 min