Woord vir Vandag - 25 Julie 2025

Loading player...
“Josef het… opgemerk dat hulle bedruk was.” Genesis 40:6 AFR83
Medelye begin met die woord ‘opgemerk’
Josef was in die tronk vir ‘n misdaad wat hy nie gepleeg het nie, wat dit opmerklik maak dat hy die tyd en energie gehad het om oor enigiemand anders om te gee. ‘’n Ruk nadat Josef in die tronk gesit is, het ‘n skinker en ‘n bakker van Egipte se koning verkeerd opgetree... Die farao… het hulle in dieselfde tronk laat sit waarin Josef opgesluit was… Josef het die volgende môre… vir die twee… gevra: ‘Waarom lyk julle vandag so bedruk?’ Hulle het hom geantwoord: ‘Ons het elkeen ‘n droom gehad en ons weet nie wat dit beteken nie...’’ (verse 1, 3, 6-8 AFR 83). Josef het hulle drome uitgelê en sodoende het die skinker sy werk in die farao se paleis teruggekry. Toe farao ‘n droom gehad het wat niemand kon uitlê nie, het die skinker hom aan Josef voorgestel. Gevolglik het Josef oor Egipte geheers en was hy in ‘n posisie om sy familie van uitsterwing te red. Uit die familie wat Josef gered het, is die Verlosser van die wêreld gebore wat jou gered het. Hierdie wonderbaarlike sameloop van omstandighede begin met drie woorde: ‘Josef het opgemerk.’ Onthou die sterwende man op die pad na Jerigo? ‘Toevallig kom daar ‘n Joodse priester verby, maar toe hy die man daar sien lê, het hy die pad oorgesteek en aan die ander kant by hom verbygegaan… Toe het ‘n veragte Samaritaan verbygekom, en toe hy die man sien, het hy hom innig jammer gekry. Die Samaritaan kniel toe langs hom, behandel sy wonde met medisyne, en verbind dit…’ (Lukas 10:31, 33-34 NLV). Jesus sluit hierdie gelykenis met die volgende woorde af: ‘…’Ja, gaan nou, en doen dieselfde’’ (vers 37 NLV). Vra dus vir God om jou te help ‘opmerk’ en vir die genade om dan te reageer.
24 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 19 Aug 2025

“…Wees almal eensgesind, simpatiek, lief vir mekaar, goedhartig en nederig.” 1 Petrus 3:8 NLV Hoe om met ander oor die weg te kom Plaas jouself in die ander persoon se skoene en probeer dinge uit hulle perspektief te sien. Dit is een van die groot geheime om met kliënte te…
12 Aug 2 min

Word for Today - 19 Aug 2025

“All of you be of one mind…love as brothers, be tender-hearted, be courteous.” 1 Peter 3:8 NKJV How to get along with others Put yourself in the other person’s shoes and try to see things from their point of view. That’s one of the great keys to working with clients,…
12 Aug 2 min