Net nog enetjie | Ramaphosa laat die koppe rol | Ep. 48

Loading player...
Tot dusvêr lyk dit asof die ANC nie beskik oor die vermoë om hulself van binne af te vernuwe nie. Die “S” in hul DNS staan blykbaar nie vir “struggle” nie, maar vir “steel”. Daarom is dit nie genoeg om elke nou en dan die brande te probeer blus terwyl die brandstigters onaangeraak bly nie. Tot dít uitgesorteer is, is geen kommissie, herskikking of minister gepos regtig genoeg nie. Luister na Net nog enetjie vir jou ontleding van die week se politieke polemiek.
Chapters
  • 00:00 Die week se politiek
  • 01:23 Nkabane gepos
  • 09:14 Een swaeltjie maak nie ’n somer
  • 12:03 ANC tot aksie gedwing
  • 18:46 Die RNE-bootjie skud
22 Jul 2025 Afrikaans South Africa News Commentary · News

Other recent episodes

Net nog enetjie | Begroting-babelas | Ep. 69

Luister nou na hierdie week se aflewering van Net nog enetjie waarin Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor die 2026-begroting gesels. Enoch Godongwana, minister van finansies, het Woensdag sy begrotingsrede vir die jaar gelewer – hierdie tyd verlede jaar het die land gespartel en almal gepraat oor die…
26 Feb 22 min

Net nog enetjie | En so begin die politiekery | Ep. 68

In hierdie week se aflewering van Net nog enetjie gesels Nico Strydom, Connie Mulder en Christel Cornelissen oor alles politiek. Met 2026 wat ’n munisipale verkiesingsjaar is, is dit duidelik dat partye en politici weer hul mantels begin afstof vir die stryd wat voorlê.
19 Feb 25 min

Net nog enetjie | John Deere-huisen se nalaten-skaap | Ep. 66

John Steenhuisen het Woensdagoggend aangekondig dag hy nie weer as partyleier verkiesbaar sal wees in April tydens die DA se federale kongres nie. Hy sal eerder as minister van landbou al sy energie stort in die reuse-bek-en-kloukrisis wat tans in die land heers. In hierdie week se episode van Net…
4 Feb 20 min