Net nog enetjie | Ramaphosa laat die koppe rol | Ep. 48

Loading player...
Tot dusvêr lyk dit asof die ANC nie beskik oor die vermoë om hulself van binne af te vernuwe nie. Die “S” in hul DNS staan blykbaar nie vir “struggle” nie, maar vir “steel”. Daarom is dit nie genoeg om elke nou en dan die brande te probeer blus terwyl die brandstigters onaangeraak bly nie. Tot dít uitgesorteer is, is geen kommissie, herskikking of minister gepos regtig genoeg nie. Luister na Net nog enetjie vir jou ontleding van die week se politieke polemiek.
22 Jul Afrikaans South Africa News Commentary · News

Other recent episodes

Net nog enetjie | Mnr. Donald speel die (Trump)-tariefkaart | Ep. 49

Die VSA se nuwe tariefkaart is nie bloot ʼn ekonomiese skuif nie – dit is ʼn politieke hefboom. Tariewe word doelbewus gebruik om handelsverhoudinge te heronderhandel op maniere wat beter inpas by Amerika se belange. In Suid-Afrika se Deal or no Deal-episode staan Ramaphosa so verstar soos ʼn bok voor…
31 Jul 35 min

Net nog enetjie | Staan die “D” in “DA” vir doen of dreig? | Ep. 46

Die regering van nasionale eenheid (RNE) se fondasie is die afgelope week geskud met president Ramaphosa wat DA-adjunkminister, Andrew Whitfield, afgedank het. Groot drama het gevolg, maar op die ou end het die DA eintlik maar net gereageer met ʼn sterk bewoorde brief. Het die DA nog murg in hulle…
3 Jul 23 min