Woord vir Vandag - 23 Julie 2025

Loading player...
“Maar julle byt en verskeur mekaar. Pas op dat julle mekaar nie heeltemal verslind nie!” Galasiërs 5:15 NLV
Hanteer verhoudingskwessies (1)
Elke verhouding wat die moeite werd is, kan probleme ondervind. Met dit in gedagte, is dit belangrik om die volgende te besef: 1) Probleme is onvermydelik, normaal en moontlik voordelig. Hulle is onvermydelik, omdat verhoudings verskillende mense bymekaar bring. Hulle is normaal, omdat alle verhoudings, selfs wonderlike verhoudings, laagte- en hoogtepunte deurmaak. Hulle is ook moontlik voordelig, omdat wanneer die probleme effektief hanteer word, die verhouding kan groei. 2) Oor die algemeen is daar drie maniere om probleme op te los. a) Die vermydingstyl. Hierdie mense begrawe hulle gevoelens sonder om te besef dat daardie gevoelens onvermydelik weer later gaan opduik. Hulle bly stil, die gevoelens bou op en hulle ontplof dan, wat geestelike, emosionele en fisiese newe-effekte meebring. Terseldertyd hou die probleem aan groei en die ongedane sake kalwe die verhouding weg. b) Die aanvalstyl. Hierdie mense is vegters wat weier om op te gee, dus hou hulle aan om wonde toe te dien; wonde wat moeilik is om gesond te word. Die Bybel sê: ‘Maar julle byt en verskeur mekaar. Pas op dat julle mekaar nie heeltemal verslind nie!’ Aanvalle veroorsaak teenaanvalle en niks word opgelos nie. c) Die benaderingstyl. Hierdie mense is sensitief vir ander mense se gevoelens, maar dring daarop aan om belangrike kwessies direk aan te spreek. Hulle vermy dit om blaam uit te deel, val die kwessie eerder as die individu aan en nooi ander uit om saam met hulle te werk om die probleem op te los en die verhouding te versterk. Probeer dit – dit werk!
22 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 19 Aug 2025

“…Wees almal eensgesind, simpatiek, lief vir mekaar, goedhartig en nederig.” 1 Petrus 3:8 NLV Hoe om met ander oor die weg te kom Plaas jouself in die ander persoon se skoene en probeer dinge uit hulle perspektief te sien. Dit is een van die groot geheime om met kliënte te…
12 Aug 2 min

Word for Today - 19 Aug 2025

“All of you be of one mind…love as brothers, be tender-hearted, be courteous.” 1 Peter 3:8 NKJV How to get along with others Put yourself in the other person’s shoes and try to see things from their point of view. That’s one of the great keys to working with clients,…
12 Aug 2 min