Woord vir Vandag - 22 Julie 2025
Loading player...
“Jesus antwoord hulle: ‘My kos is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk klaar te maak.’” Johannes 4:34 NLV
Hoe om entoesiasties oor God te bly
Niemand het meer energie as Jesus gehad nie. Hy het vroeg opgestaan, laat gaan slaap en soms deurnag wakker gebly. Waar het Hy al daardie energie vandaan gekry? Die antwoord word in ‘n fassinerende dialoog gevind: ‘Intussen het sy dissipels Hom gesmeek en gesê: ‘Rabbi, eet tog net iets.’ Maar Hy het gereageer: ‘Ek het kos om te eet waarvan julle nie eers weet nie.’ Die dissipels sê toe onder mekaar: ‘Het iemand anders dalk vir Hom iets gebring om te eet?’ Jesus antwoord hulle: ‘My kos is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk klaar te maak’’ (verse 31-34 NLV). Wanneer jy die woord ‘kos’ sien, dink jy aan energie, want dit is wat kos is. Jesus beklemtoon ‘n insiggewende punt: God se wil gee energie. Hoe hou jy jouself dus energiek? Deur in die wil van God te bly. Ons kry energie deur by God-gegewe passies betrokke te raak en God-grootte drome na te jaag. Niks gee ons meer energie nie. Moenie net berou hê wanneer jy iets verkeerd doen nie; vervang dit met dit wat reg is. Paulus skryf: ‘Dus, my geliefde broers en susters, staan baie vas, onbeweeglik. Gee altyd julle allerbeste vir die Here se werk, want julle weet voor die Here is alles wat julle doen die moeite werd’ (1 Korintiërs 15:58 NLV). As sonde ‘n vermorsing van energie is, wat dit wel is, sal wanneer jy jou God-gegewe opdrag ontdek en dit vervul jou die meeste energie in jou lewe gee.