Woord vir Vandag - 15 Julie 2025
Loading player...
“As julle bitter jaloers is… moenie dan spog dat julle wysheid het nie. Dis om teen die waarheid in te lieg!” Jakobus 3:14 NLV
Vry van jaloesie
Die Bybel sê: ‘…As iets jou in sy mag het, is jy mos sy slaaf’ (2 Petrus 2:19 NLV). Dis veral waar van jaloesie. Chuck Swindoll skryf: ‘Jaloesie en afguns word dikwels as dieselfde beskou, maar daar is ‘n verskil: Afguns ontstaan uit leë hande; dit rou oor dit wat jy nie het nie. Jaloesie ontstaan uit vol hande; dit word deur die pyn aangesproor om dit wat jy het aan iemand anders af te staan, ten spyte van jou pogings om dit te behou. Kaïn was jaloers op Abel. Hy was wrokkig as gevolg van God se aanvaarding van sy broer; en eers toe Abel se bloed oor Kaïn se wrede hande uitgegiet is, het sy jaloesie bedaar. Enigiemand wat bevryding van hierdie helse reus ervaar het, weet goed hoe jaloesie ‘n vriendskap kan vernietig, ‘n romanse kan ontbind, ‘n huwelik kan vernietig, spanning deur die geledere van professionele persone kan saai, eenheid in ‘n span tot niet kan maak, ‘n kerk kan verwoes, mededinging onder die koor kan bevorder en bitterheid en vingerwysers onder talentvolle instrumentaliste kan bring. Jaloesie bevraagteken beweegredes en betreur ‘n ander se sukses.’ Die Bybel sê: ‘As julle bitter jaloers is… moenie dan spog dat julle wysheid het nie. Dis om teen die waarheid in te lieg!’ Besluit eerder dat jy deur die genade van God uit jaloesie se beheer gaan losbreek. Swindoll voeg by: ‘Ek het baie jare gelewe deur jaloesie se bevele te gehoorsaam. Dit was aaklig. Uiteindelik het ek besef dat ek nie in duisternis hoef te lewe nie. Ek het die reus doodgemaak. Die sonlig van vryheid het my hart verbly. Die lug was so vars en skoon. O, die verskil wat dit gemaak het! Dis volslae genot.’