Sondagaand Erediens - Dr Enrico Casaleggio

Loading player...
JOHANNES 1
19En dit is die getuienis van Johannes, toe die Jode uit Jerusalem priesters en Leviete gestuur het om hom te vra: Wie is u?
20En hy het erken en nie ontken nie, maar het erken: Ek is nie die Christus nie.
21Toe vra hulle hom: Wat dan? Is u Elía? En hy sê: Ek is nie. Is u die profeet? En hy antwoord: Nee.
22Toe sê hulle vir hom: Wie is u? — dat ons antwoord kan gee aan die wat ons gestuur het. Wat sê u van uself?
23Hy antwoord: Ek is die stem van een wat roep in die woestyn: Maak die pad van die Here reguit! soos Jesaja, die profeet, gesê het.
24En die wat gestuur was, was uit die Fariseërs.
25En hulle vra hom en sê vir hom: Waarom doop u dan as u nie die Christus of Elía of die profeet is nie?
26Johannes antwoord hulle en sê: Ek doop met water, maar onder julle staan Hy vir wie julle nie ken nie —
27dit is Hy wat ná my kom, wat voor my geword het, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie.
28Dit het gebeur in Betábara, oorkant die Jordaan, waar Johannes besig was om te doop.

MARKUS 1
Johannes die Doper.
(Mt. 3:1-12 en ooreenk. pl.)
1DIE begin van die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God.
2 Soos geskrywe is in die Profete: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u pad voor U uit sal regmaak —
3 die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit!
4Johannes het gekom en was besig om in die woestyn te doop en die doop van bekering tot vergifnis van sondes te verkondig.
5En die hele Joodse land en die inwoners van Jerusalem het uitgegaan na hom toe, en almal is deur hom gedoop in die Jordaanrivier met belydenis van hulle sondes.
6En Johannes was gekleed met kameelhare en 'n leergord om sy heupe, en hy het sprinkane en wilde heuning geëet.
7En hy het gepreek en gesê: Hy wat sterker is as ek, kom ná my, en ek is nie waardig om neer te buk en sy skoenriem los te maak nie.
8Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle doop met die Heilige Gees.
13 Jul 2025 1PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Donderdag Oggenddiens - Past Franko van der Vlies

MATTEUS 26 Die paasmaaltyd word voorberei (Mark. 14:12-21; Luk. 22:7-14) 17Op die eerste dag van die fees van die ongesuurde brood kom die dissipels na Jesus toe en vra: “Waar wil U hê moet ons gaan regmaak vir U om die paasmaaltyd te eet?”
29 Oct 2AM 10 min

Woensdag Oggenddiens - Past Franko van der Vlies

LUKAS 9 Om Jesus te volg (Matt. 16:24-28; Mark. 8:34 – 9:1) 23Toe het Hy vir almal gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg,
28 Oct 2AM 9 min

Dinsdag Oggenddiens - Past Franko van der Vlies

DIE OPENBARING 4 God sit op die troon 1Hierna het ek, Johannes, in die hemel 'n deur gesien wat oopgemaak is, en die stem, soos die geluid van 'n trompet, wat ek die eerste keer met my hoor praat het, het gesê: “Kom op hierheen, en Ek sal vir jou…
27 Oct 2AM 10 min

Sondagaand Erediens - Ds Kobus Botha

MARKUS 10 Jesus seën die kindertjies (Matt. 19:13-15; Luk. 18:15-17) 13Die mense het kindertjies na Jesus toe gebring dat Hy hulle moet aanraak. Sy dissipels het met die mense daaroor geraas. 14Maar toe Jesus dit sien, was Hy verontwaardig en het Hy vir hulle gesê: “Laat die kindertjies na My…
25 Oct 1PM 18 min