Franco Smith: ‘Dis ’n voorreg om in Bul-gesprek genoem te word’

Loading player...
Franco Smith sluit hom dié week op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy loopbaan, die sukses wat hy by die Glasgow Warriors behaal het, en die moontlikheid dat hy by Jake White kan oorneem as afrigter van die Bulle.
“Ek is nog onder kontrak in Skotland, maar daar is baie uitdagings in Skotse rugby tans. Dit is ’n voorreg om in die gesprek genoem te word (as kandidaat vir Bulle-breier) en ons sal sien hoe speel sake uit,” sê Smith.
Hy werp meer lig op die uitdagings by die Warriors, en gesels ook oor Italiaanse rugby nadat die Azzurri die Springbokke die afgelope naweek in Pretoria frustreer het. Smith is ’n voormalige hoofafrigter van Italië.
Ons gesels ook oor Wiaan Mulder se besluit om die Proteas se beurt gesluit te verklaar teen Zimbabwe met Brian Lara se rekordtelling van 400 in sig. Smith, ’n goeie krieketspeler op sy dag, gee ook sy mening hieroor.
• Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
9 Jul 2025 Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Greatest Rivalry bewys SA sal ’n vyfster-WB kan aanbied

In dié week se episode van Rapport praat sport praat ons oor die Suid-Afrikaanse been van die Greatest Rivalry-reeks wat ’n feesmaal vir rugbyliefhebbers was. Hoe lekker sal dit nie wees as Suid-Afrika weer ’n Wêreldbeker-toernooi kan aanbied nie, met toetse in nuwe stadions soos Soccer City en die Kaapstad-stadion!…
9 Sep 20 min

Dave Rennie is slinkser as wat jy dink!

Dave Rennie weet presies hoe om subtiele boodskappe by skeidsregters uit te kry. Dié week in Rapport Praat Sport gesels ons daaroor, en die fel bekgevegte wat steeds onverpoosd voortwoed. Jóhann Thormählen sê hy wonder of die Kiwi’s nie dalk in Richie Mo’unga se rigting moet begin kyk nie. Hy…
2 Sep 17 min

Rassie bieg oor sy fout: ‘Ek moes Jesse op 13 hou’

Rassie Erasmus het vandeesweek verskeie kere die skuld aanvaar vir die Springbokke se nederlaag van 16-33 teen die All Blacks in die eerste Greatest Rivalry-toets op Ellispark. Een fout wat hy gemaak het, is volgens hom om Jesse Kriel na vleuel te skuif ná Kurt-Lee Arendse se besering en sodoende…
26 Aug 15 min

Greatest Rivalry: Bekgevegte is Wêreldrugby se skuld!

Die woordoorloë en kopspeletjies is in volle gang voor Saterdag se groot eerste toets van die Greatest Rivalry-reeks. Die All Blacks kla dat die Springbokke vertragingstaktiek in wedstryde inspan. Die Bokke sê nou weer die Kiwi’s duik met hul skouers by afbreekpunte in. Waarom dié felle bekgevegte? Dit is ’n…
19 Aug 19 min

Dié Kiwi’s lyk rof… Moet die Bokke bekommerd wees?

Die Bokke het geswoeg om Argentinië te klop, terwyl die All Blacks Dinsdagaand die Haaie na ’n o. 19B-span laat lyk het. Is daar rede tot kommer? Vandag in Rapport Praat Sport gesels ons daaroor. ° Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787.
12 Aug 18 min