Woord vir Vandag - 12 Julie 2025

Loading player...
“Daar is ‘n vaste tyd vir alles, elke ding onder die son het sy tyd” Prediker 3:1 NLV
Ken die seisoen waarin jy is
Jou lewensdoel word aan ‘n spesifieke tyd en seisoen gekoppel. Sommige van God se doelwitte kan binne ‘n kort tydjie bereik word, terwyl ander ‘n leeftyd neem. Jy sal nie in staat wees om altyd dit te doen wat jy vandag doen nie, of ten minste nie in dieselfde mate as wat jy dit tans doen nie. Die Bybel leer ons: ‘…soos jou dae, so sal jou krag wees’ (Deuteronomium 33:25 KAB23). Dis hoekom sommige van die wêreld se beste sportspelers die oorgang na afrigting maak. Drie belangrike waarnemings: 1) Jy moet verstaan in watter seisoen jy tans is en die meeste daaruit put. 2) Wanneer een seisoen eindig, moet jy met grasie na die volgende seisoen beweeg. 3) Jy moet leer om die seisoen waarin jy jou tans bevind, te geniet. Hier is ‘n interessante verskynsel: Elia het sy mantel van krag aan Elisa oorgedra, maar nêrens lees ons dat Elisa dit aan iemand anders oorgedra het nie. Toe Paulus egter sy mantel aan Timoteus oorgedra het, het dit nie daar geëindig nie. Paulus het vir hom gesê: ‘Jy het my baie dinge hoor leer wat bevestig is deur baie betroubare getuies. Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee’ (2 Timoteus 2:2 NLV). In plaas daarvan om te treur dat sy tyd besig is om uit te loop, het Paulus hom in die wete dat God hom gehelp het om sy opdrag te vervul, verheug. ‘Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop voltooi, en ek het gelowig gebly. En nou wag die prys vir my: die lourierkrans van geregtigheid…’ (2 Timoteus 4:7-8 NLV). God gee jou genade vir die seisoen waarin jy is. Let dus op en weet wanneer om aan te beweeg!
11 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 19 Aug 2025

“…Wees almal eensgesind, simpatiek, lief vir mekaar, goedhartig en nederig.” 1 Petrus 3:8 NLV Hoe om met ander oor die weg te kom Plaas jouself in die ander persoon se skoene en probeer dinge uit hulle perspektief te sien. Dit is een van die groot geheime om met kliënte te…
12 Aug 2 min

Word for Today - 19 Aug 2025

“All of you be of one mind…love as brothers, be tender-hearted, be courteous.” 1 Peter 3:8 NKJV How to get along with others Put yourself in the other person’s shoes and try to see things from their point of view. That’s one of the great keys to working with clients,…
12 Aug 2 min