Woord vir Vandag - 7 Julie 2025

Loading player...
“Deur in vrede met mekaar te lewe, moet julle die eenheid wat die Gees bewerk het, bewaar.” Efesiërs 4:3 NLV
Hoekom kan ons nie saamwerk nie? (4)
‘n Vrou het vir haar vriendin gesê: ‘My man en ek het ‘n baie gelukkige huwelik. Daar is niks wat ek nie vir hom sal doen nie en daar is niks wat hy nie vir my sal doen nie. Dis hoe ons deur die lewe gaan – deur niks vir mekaar te doen nie!’ Ons glimlag, maar dis nie so snaaks wanneer dit die waarheid is nie. So ‘n gesindheid baan die pad na rampspoed in die huwelik, besigheid, kerk, persoonlike verhoudings en oral anders. Dikwels sluit mense tot hul eie voordeel by ‘n span aan – hulle wil ondersteunende spelers hê sodat hulle al die applous kan kry. Op die ou einde maak so ‘n gesindheid egter nie net hulself seer nie, dit maak ook die mense wat saam met hulle werk seer en verhinder die resultate wat hul andersins kon behaal het. President Woodrow Wilson het gesê: ‘Jy is nie net hier om ‘n bestaan ​​te maak nie. Jy is hier om die wêreld in staat te stel om ruimer, met groter visie, met ‘n fyner gees van hoop en prestasie, te leef. Jy is hier om die wêreld te verryk en om jouself te verarm wanneer jy vergeet om dit te doen.’ Is dit maklik om saam met ander te werk en altyd oor die weg te kom? Soms ja, soms nee. Dis hoekom Paulus skryf: ‘Deur in vrede met mekaar te lewe, moet julle die eenheid wat die Gees bewerk het, bewaar.’ Jy moet daaraan werk. Wanneer iemand kritiseer, wis dit met ‘n kompliment uit. As iemand kla, vind iets om voor dankbaar te wees. Wanneer iemand selfgesentreerd voorkom, herinner hulle daaraan dat die kollektiewe doel waarna julle streef, groter as enige individu is.
6 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min