Woord vir Vandag - 6 Julie 2025

Loading player...
“Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eengesind saamwoon!” Psalm 133:1 NLV
Hoekom kan ons nie saamwerk nie? (3)
Rede drie: temperament. Sommige mense is nie van nature ‘n ekstrovert nie. Wanneer hulle uitdagings in die gesig staar, kom dit nooit by hulle op om ander mense se hulp in te roep om hul doel te bereik nie. Wanneer jy alleen optree, sal jy ‘n sekere mate van sukses behaal, maar wanneer jy met die regte mense saamwerk, sal jy dinge bereik wat jy nooit gedroom het moontlik is nie. Wanneer jy alles alleen doen en nooit met ander saamwerk nie, sit jy groot struikelblokke in die pad van jou eie potensiaal. Dr Allan Fromme het geskerts: ‘Dit het al gebeur dat mense meer bereik wanneer hulle saamwerk, eerder as om mekaar teen te werk!’ Soos Chuck Swindoll sê: ‘Niemand is ‘n hele span nie; ons het mekaar nodig. Jy het iemand nodig en iemand het jou nodig. Ons is nie eilande op ons eie nie. Om die lewe te laat werk, moet ons leun en ondersteun. Vereenselwig en reageer. Gee en neem. Bely en vergewe. Uitreik en ander mense omhels en vertrou. Aangesien nie een van ons ‘n hele, onafhanklike, selfversorgende, super-bekwame, almagtige individu is nie, laat ons ophou om op te tree asof ons is. Die lewe is reeds eensaam genoeg. Die spel is verby. Kom ons skakel by mekaar in.’ As jy graag iets groots wil bereik, moet jy na ander toe uitreik. Een is ‘n te klein getal om groot suksesse te bereik. Die Bybel sê: ‘Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eengesind saamwoon!.. daar gee die Here sy seën…’ (verse 1,3 NLV). Wanneer ons saamwerk, seën God ons pogings. Sonder God se seën is daar geen ware en blywende sukses nie.
5 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min