Woord vir Vandag - 5 Julie 2025

Loading player...
“Doen wat u dink goed is… Ek is hart en siel saam met u!” 1 Samuel 14:7 NLV
Hoekom kan ons nie saamwerk nie? (2)
Rede twee: naïwiteit. ‘n Ou Chinese spreekwoord lui: ‘Agter elke bekwame man is daar altyd ander bekwame manne.’ Selfs as jy die werk self kan doen, is dit wys om te stop en te vra: ‘Wie ken ek wat my kan help om dit beter te doen?’ Hierdie vraag definieer die verskil tussen middelmatigheid en uitnemendheid. Die besigheidskonsultant, John Ghegan, het ‘n bordjie op sy lessenaar gehad wat gelees het: ‘As ek dit alles weer oor kon doen, sou ek hulp gekry het.’ Ons almal het so ‘n bordjie nodig! Wanneer jy ‘n paar oorwinnings behaal het, loop jy die verhoogde risiko om te dink dat jy enigiets en alles self kan doen. Wanneer jou droom egter van God afkomstig is, sal dit altyd groter as jou individuele kapasiteit en gawes wees, wat beteken dat jy na ander mense sal moet uitreik. Twee manne, Jonatan en sy wapendraer, het ‘n hele Filistynse leër uitgewis. Hoe het hulle dit gedoen? ‘’Kom ons gaan oor na hierdie heidene toe,’ sê Jonatan vir sy wapendraer. ‘Dalk help die Here ons. Hy kan tog deur baie of deur min die oorwinning gee!’ ‘Doen wat u dink goed is,’ sê die wapendraer. ‘Ek is hart en siel saam met u!’ (verse 6-7 NLV). Jonatan, die leier, het die aanmoediging en ondersteuning van sy wapendraer nodig gehad. Sy wapendraer het weer die moed en leierskap van Jonatan nodig gehad. Saam het hulle wonderlike dinge vir God bereik. Die waarheid is dat spanwerk altyd die kern van indrukwekkende oorwinnings is. Die vraag is nie of spanne waarde het nie; dit is of jy nederig genoeg is om daardie feit te erken en ‘n beter spanspeler te word.
4 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min