Woord vir Vandag - 3 Julie 2025

Loading player...
“’n Verstandige mens bly stil oor sy kennis…” Spreuke 12:23 NLV
Weet wanneer om stil te bly
Iemand anders se behoefte aan inligting behoort jou nie te forseer om te praat nie. Toe ‘n vriend van Jesus sy inhegtenisname wou stopsit, het Jesus gesê: ‘Besef jy nie dat Ek ‘n ganse leërmag engele van my Vader sou kon vra om ons te beskerm en Hy sal hulle oombliklik stuur nie?’ (Matteus 26:53 NLV). Toe Jesus voor Pilatus gebring is, het Pilatus nie die oppermag gehad nie; Jesus het! Tog sê die Bybel Jesus: ‘…het sy mond nie oopgemaak nie’ (Jesaja 53:7 NLV). Hy het daar gestaan en niks gesê nie. Hoekom nie? Omdat Hy nie onder verhoor was nie, maar Pilatus wel. Jesus het sy lotsbestemming geken en belangriker as dit, Hy het sy hemelse Vader intiem geken. Wanneer jy God ken, kan jy enigiets met selfvertroue in die gesig staar – en vry voel om stil te bly. Soms is dit die wysste ding om te sê: ‘Ek het nie nou die antwoord nie. Ek sal egter daaroor dink, daaroor bid en terugkom na jou toe.’ ‘’n Verstandige mens bly stil oor sy kennis. Dwase basuin hulle onkunde uit’ (Spreuke 12:23 NLV). Wanneer mense angstig is vir antwoorde, sal hulle jou onder druk probeer plaas om te praat voor jy al die feite het of ‘n kans gehad het om daaroor te bid en die situasie versigtig te oorweeg. As jy God vra, sal Hy vir jou sê wat om te sê en wanneer om dit te sê. Sy belofte is: ‘Ek het my woorde in jou mond gesit. Ek het jou beskerm met die skadu van my hand…’ (Jesaja 51:16 NLV). Trots sê: ‘Moenie net daar staan nie, sê iets!’ Wysheid sê: ‘Moenie iets sê nie, staan net daar!’ Vra God vir insig. Een gedagte van God kan die probleem blitsvinnig oplos.
2 Jul 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 27 Mei 2026

“…Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word… nie.” Johannes 4:15 NLV Christus kan jou siel bevredig Sy het in Samaria gewoon, was vyf keer getroud en het nou saam met ‘n man gewoon wat nie haar eggenoot was nie. Miskien het mense vreeslik oor haar…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 June 2026

“Whatever your hand finds to do, do it with your might.” Ecclesiastes 9:10 NKJV Spiritual pathways (5) The activist pathway. When you’re on this spiritual pathway, you have a high level of energy. This may be one of your favourite Scriptures: “Whatever your hand finds to do, do it with…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 30 Junie 2026

“Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Geestelike paaie (5) Die aktivispad. Wanneer jy op hierdie geestelike pad is, het jy ‘n hoë vlak van energie. Die volgende mag dalk een van jou gunsteling Skrifgedeeltes wees: ‘Doen met toewyding alles wat jou hand…
22 May 1 min

Word for Today - 29 June 2026

“I was glad when they said to me, ‘Let us go into the house of the Lord.’” Psalm 122:1 NKJV Spiritual pathways (4) The worship pathway. When you’re on the worship pathway, you resonate with the Psalmist: “I was glad when they said to me, ‘Let us go into the…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 29 Junie 2026

“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan na die huis van die Here.’” Psalm 122:1 NLV Geestelike paaie (4) Die aanbiddingspad. Wanneer jy op die aanbiddingspad is, vind jy aanklank by die Psalmdigter: ‘Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan…
22 May 2 min