Woord vir Vandag - 2 Julie 2025

Loading player...
“…as enigeen ‘n klagte teen iemand anders het, vergewe mekaar…” Kolossense 3:13 NLV
Om lief te kan hê, moet jy vergewe
Dis onmoontlik om enigiemand ten volle lief te hê en terselfdertyd ‘n wrok teen iemand anders te koester. Jy kan nie totale liefde gee as jou hart verdeeld is nie. ‘n Bitter hart is ‘n verdeelde hart. Jy reageer dalk steeds op jou verlede en koester ‘n wrok teen iemand wat jou seergemaak het. Dit weerhou jou daarvan om jou geliefdes ten volle lief te hê. Dit is egter nie regverdig teenoor hulle nie. Baie mense het geregverdigde redes vir hul woede. Daar word geskat dat een uit elke drie vroue en een uit elke sewe mans gedurende hul leeftyd mishandel sal word. Jy moet egter die verlede agterlaat om met die hede aan te gaan. Om mense lief te hê, moet jy die deur tot die verlede toemaak. Dit kan egter nie sonder vergifnis gebeur nie! Vergewe dus diegene wat jou seergemaak het – om jou eie onthalwe, nie omdat hulle dit verdien nie. Doen dit sodat jou hart weer heel kan word. Die mense in jou verlede kan jou nie meer seermaak nie, tensy jy hulle toelaat om dit te doen deur ‘n wrok teen hulle te koester. Wanneer jy ‘n wrok teen iemand het, gee jy hulle ‘n deel van jou hart, ‘n deel van jou aandag en ‘n deel van jou gedagtes. Wil jy dit toelaat? Nie? Neem dan daardie dele van jouself terug deur te vergewe. In plaas daarvan om die seer oor en oor te herleef, laat dit gaan. Jy kan egter nie selektief wees oor wat jy vergewe nie: ‘Ek sal die vergewe, maar ek gaan nie dit vergewe nie.’ Die Bybel sê: ‘…as enigeen ‘n klagte teen iemand anders het, vergewe mekaar. Vergewe mekaar soos die Here julle vergewe het’ (vers 13 NLV).
1 Jul 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 27 Mei 2026

“…Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word… nie.” Johannes 4:15 NLV Christus kan jou siel bevredig Sy het in Samaria gewoon, was vyf keer getroud en het nou saam met ‘n man gewoon wat nie haar eggenoot was nie. Miskien het mense vreeslik oor haar…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 June 2026

“Whatever your hand finds to do, do it with your might.” Ecclesiastes 9:10 NKJV Spiritual pathways (5) The activist pathway. When you’re on this spiritual pathway, you have a high level of energy. This may be one of your favourite Scriptures: “Whatever your hand finds to do, do it with…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 30 Junie 2026

“Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Geestelike paaie (5) Die aktivispad. Wanneer jy op hierdie geestelike pad is, het jy ‘n hoë vlak van energie. Die volgende mag dalk een van jou gunsteling Skrifgedeeltes wees: ‘Doen met toewyding alles wat jou hand…
22 May 1 min

Word for Today - 29 June 2026

“I was glad when they said to me, ‘Let us go into the house of the Lord.’” Psalm 122:1 NKJV Spiritual pathways (4) The worship pathway. When you’re on the worship pathway, you resonate with the Psalmist: “I was glad when they said to me, ‘Let us go into the…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 29 Junie 2026

“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan na die huis van die Here.’” Psalm 122:1 NLV Geestelike paaie (4) Die aanbiddingspad. Wanneer jy op die aanbiddingspad is, vind jy aanklank by die Psalmdigter: ‘Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan…
22 May 2 min