Woord vir Vandag - 2 Julie 2025

Loading player...
“…as enigeen ‘n klagte teen iemand anders het, vergewe mekaar…” Kolossense 3:13 NLV
Om lief te kan hê, moet jy vergewe
Dis onmoontlik om enigiemand ten volle lief te hê en terselfdertyd ‘n wrok teen iemand anders te koester. Jy kan nie totale liefde gee as jou hart verdeeld is nie. ‘n Bitter hart is ‘n verdeelde hart. Jy reageer dalk steeds op jou verlede en koester ‘n wrok teen iemand wat jou seergemaak het. Dit weerhou jou daarvan om jou geliefdes ten volle lief te hê. Dit is egter nie regverdig teenoor hulle nie. Baie mense het geregverdigde redes vir hul woede. Daar word geskat dat een uit elke drie vroue en een uit elke sewe mans gedurende hul leeftyd mishandel sal word. Jy moet egter die verlede agterlaat om met die hede aan te gaan. Om mense lief te hê, moet jy die deur tot die verlede toemaak. Dit kan egter nie sonder vergifnis gebeur nie! Vergewe dus diegene wat jou seergemaak het – om jou eie onthalwe, nie omdat hulle dit verdien nie. Doen dit sodat jou hart weer heel kan word. Die mense in jou verlede kan jou nie meer seermaak nie, tensy jy hulle toelaat om dit te doen deur ‘n wrok teen hulle te koester. Wanneer jy ‘n wrok teen iemand het, gee jy hulle ‘n deel van jou hart, ‘n deel van jou aandag en ‘n deel van jou gedagtes. Wil jy dit toelaat? Nie? Neem dan daardie dele van jouself terug deur te vergewe. In plaas daarvan om die seer oor en oor te herleef, laat dit gaan. Jy kan egter nie selektief wees oor wat jy vergewe nie: ‘Ek sal die vergewe, maar ek gaan nie dit vergewe nie.’ Die Bybel sê: ‘…as enigeen ‘n klagte teen iemand anders het, vergewe mekaar. Vergewe mekaar soos die Here julle vergewe het’ (vers 13 NLV).
1 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min