Woord vir Vandag - 1 Julie 2025

Loading player...
“…Vaar uit na die diep water en laat julle nette sak om te vang.” Lukas 5:4 AFR53
Berei jy jouself voor? Nadat Petrus heelnag geen vis gevang het nie, het Jesus gesê: ‘…Vaar uit na die diep water en laat julle nette sak om te vang.’ Nadat hy aan Jesus verduidelik het dat die visse nie byt nie, het Petrus gesê: ‘…maar op u woord sal ek die net laat sak’ (vers 5 AFR53). Let hierdie belangrike detail op: Toe Jesus gesê het: ‘laat julle nette sak…’ het Petrus geantwoord: ‘op u woord sal ek die net laat sak.’ Blykbaar het Jesus ‘n groter vangs as Petrus in gedagte gehad! Hulle het inderwaarheid toe so baie vis gevang dat hulle net geskeur het. Wanneer jy klein dink, berei jy jou daarvolgens voor. Die Skrif beskryf God as volg: ‘…Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra’ (Efesiërs 3:20 NLV). As kind van God, het jy binne jou die krag om
verder te gaan as wat jy reeds bereik het en meer te doen as wat jy ooit gedroom het moontlik is. Wat is egter die probleem? Die volgende: Jy kan die regte hoeveelheid krag hê, maar nie voorbereid daarvoor wees nie! Om die druk wat met sukses gepaard gaan te hanteer, moet jy daarop voorbereid wees; anders kan sukses jou ondergang beteken. God sê Hy is bereid om die vensters van die hemel oop te maak en voorspoed op jou te laat reën (sien Maleagi 3:10 NLV). Die vraag is: berei jy jouself vir groter seën voor, of is jy met die status quo tevrede? Jy sê jy wil sukses by die werk behaal. Skerp jy dus jou vaardighede op, versterk jou werksetiek en ontwikkel nuwe maniere om dinge te doen? Met ander woorde, berei jy jouself voor?
30 Jun 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 May 2026

“I am with you always.” Matthew 28:20 NKJV Today God is “with you” To have a personal relationship with someone, there must be two-way communication. Even the most uncommunicative husband has to grunt every once in a while, or it isn’t a marriage—it’s a monologue. So, the Lord being with…
22 Apr 1 min

Woord vir Vandag - 31 Mei 2026

“…Ek is vir altyd by julle…” Matteus 28:20 NLV God is vandag ‘by jou’ Om ‘n persoonlike verhouding met iemand te hê, moet daar tweerigtingkommunikasie wees. Selfs die mees in homself gekeerde man moet elke nou en dan instemmend grom, anders is dit nie ‘n huwelik nie - dis ‘n…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 May 2026

“God speaketh…in a dream, in a vision of the night.” Job 33:14-15 KJV Ask God for a dream Job the patriarch said: “For God may speak in one way, or in another, yet man does not perceive it. In a dream, in a vision of the night…while slumbering on their…
22 Apr 2 min

Woord vir Vandag - 30 Mei 2026

“Hy praat deur drome en visioene, in die nag wanneer mense diep slaap.” Job 33:15 NLV Vra God vir ‘n droom Die patriarg Job het gesê: ‘Maar God praat op verskillende maniere. Ons kom dit net nie agter nie. Hy praat deur drome en visioene, in die nag wanneer mense…
22 Apr 2 min

Word for Today - 29 May 2026

“That I myself may be in them.” John 17:26 NIV God is working in you, with you, and through you Just before He was arrested and taken to the cross, Jesus prayed: “[Father], I have made you known to them, and will continue to make you known in order that…
22 Apr 2 min