Woord vir Vandag - 28 Junie 2025

Loading player...
“Gee aandag aan wat jy hoor…” Lukas 8:18 NLV
Bly oop en toeganklik
Dit lyk asof sommige mense deur die lewe met ‘n ‘gesluit’ teken op hul voorkoppe gaan. Hulle is as gevolg van vrees, selfsug, gevoelloosheid of omdat hulle besig is, nie oop vir die gedagtes van ander nie. Dit kan jou duur te staan kom. Neem ‘n oomblik en oordink hierdie Skrifgedeeltes: ‘Wie goedbedoelde raad ignoreer, doen skade aan homself. Iemand wat hom laat reghelp, ontwikkel sy insig’ (Spreuke 15:32 NLV). ‘Ek het nagedink oor iets wat ek gesien het. Ek het iets daaruit geleer’ (Spreuke 24:32 NLV). ‘Gee jou raad vir ‘n wyse mens, en hy sal groter wysheid kry. Onderrig ‘n regverdige, en sy kennis sal vermeerder’ (Spreuke 9:9 NLV). Mense wat ontvanklik en toeganklik is, vertoon oor die algemeen drie eienskappe: 1) Hulle is sensitief vir mense se gevoelens. Alhoewel hulle self emosioneel bestendig is, beteken dit nie dat hulle van ander verwag om altyd so te wees nie. Hulle besef dat goeie mense soms slegte dae het, daarom pas hulle hul benadering volgens ander se gevoelens aan. 2) Hulle verstaan ander mense se swakhede omdat hulle bewus van hul eie is. Edgar Howe het gesê: ‘Lewer af en toe ‘n gemene opinie oor jouself. Dit sal jou vriende wys dat jy weet hoe om die waarheid te vertel.’ Oop en ontvanklike mense is eerlik oor hul vermoëns - en oor hulle tekortkominge. 3) Hulle het die vermoë om ander te vergewe en om vergifnis te vra. Dit verg nederigheid. David Augsburger het geskryf: ‘Aangesien niks wat ons beoog ooit foutloos is nie, niks wat ons ooit probeer sonder fout is nie en niks wat ons bereik sonder ‘n mate van feilbaarheid, wat ons menslikheid noem, is nie; word ons deur vergifnis gered.’ Die woord vir jou vandag is dus: Bly oop en toeganklik.
27 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min