Woord vir Vandag - 27 Junie 2025

Loading player...
“Wanneer ek moed verloor, dan ken U my pad…” Psalm 142:4 NLV
Hulp vir versorgers
Jy gaan dalk eendag na ‘n siek of verouderende geliefde moet omsien. Om hulle behoorlik te versorg, moet jy leer om vir jouself te sorg. Na haar ouers se dood vyf weke uitmekaar in ‘n ouetehuis twaalfhonderd myl weg, is Beth Witrogen McLeod met kliniese depressie gediagnoseer. ‘Deur my fisiese en geestelike gesondheid te ignoreer, het ek myself vir ‘n ineenstorting wat twee jaar sou neem om van te herstel, oopgestel. Ten spyte van die belonings, kan versorging oorweldigend wees. Dawid het gesê: ‘Wanneer ek moed verloor, dan ken U my pad…’ As jy dus ‘n versorger is, volg hierdie riglyne: 1) Stel grense. Leer om nee te sê wanneer jy gewoonlik ja sou sê. Daar is niks selfsugtig daaraan om na jouself om te sien, sodat jy die beste moontlik sorg aan iemand anders kan gee nie. 2) Pasop vir skadelike hanteringspatrone. Misbruik van medikasie, ooreet, drink om te ontspan. Jy is menslik en dit kan gebeur! 3) Moenie jouself isoleer nie. Nooi vriende oor wat aangebied het om te help. Een kan kos maak en na jou geliefde omsien, terwyl jy en die ander vriend ‘n bietjie gaan stap. 4) Vra vir hulp. As familielede nie hulle deel doen nie, reël ‘n vergadering en delegeer die verantwoordelikhede. Moenie ander die seën ontsê wat daaruit voortspruit om die swakkes te ondersteun nie (sien 1 Tessalonisense 5:14). 5) Beskerm jou tyd. Dit is maklik om elke minuut te skeduleer totdat daar niks vir jouself oor is nie. Moenie dit doen nie. Vind iets wat jou voed: lees, bid, oefen of alleentyd. Maak egter seker dat jy dit ook skeduleer, anders sal dit nie gebeur nie!
26 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min