Woord vir Vandag - 25 Junie 2025

Loading player...
“As een van jou medegelowiges iets verkeerds teen jou gedoen het, gaan wys hom daarop. Maar hou dit tussen julle twee…” Matteus 18:15 NLV
Los konflik vinnig op (1)
Min dinge in die lewe veroorsaak soveel stres soos onopgeloste konflik. Dit sal jou bloeddruk opstoot en jou gedagtes verteer totdat jy dit oplos. As jy dus wys is, sal jy dit onmiddellik hanteer. Nie almal voel dieselfde nie. Al het Jesus ons beveel om dit te hanteer, weerhou baie Christene hulle ter wille van vrede daarvan om enigiets te sê. Onopgeloste konflik sal jou gemoedsrus, jou produktiwiteit en jou houding teenoor ander beïnvloed, dus moet dit hanteer word. Daarbenewens, wanneer jy weier om ‘n probleem in die gesig te staar, sal dit heel waarskynlik weer voorkom. Volgens ‘n interpersoonlike kommunikasiekundinge, moet mens hierdie drie dinge doen: ‘1) Vra God om vir jou sy woorde te gee om te sê, sodat sy doel bereik sal word. ‘Net so is dit met die woord wat uit my mond kom… dit sal doen wat Ek verwag en die doel bereik waarvoor Ek dit gestuur het’ (Jesaja 55:11 NLV). 2) Maak jou emosies voor God leeg voordat jy die oortreder nader. Emosies is geneig om in die pad van feite te staan en kan objektiewe denke belemmer. Sodra jy besluit het dat jy alles gaan inspan om die kwessie op ‘n harmonieuse manier op te los, is dit nie so moeilik soos dit mag klink nie. ‘Sover dit vir julle moontlik is, moet julle goeie verhoudings handhaaf met alle mense’ (Romeine 12:18 NLV). 3) Wees duidelik oor hoe jy die probleem sien. Vermy vae argumente wat ruimte vir waninterpretasie laat. Byvoorbeeld: ‘Jy moet beter doen,’ verduidelik nie regtig wat die probleem is nie.’ As jou doel is om die verhouding te herstel, sal God saam met jou werk.
24 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min