Woord vir Vandag - 22 Junie 2025

Loading player...
“Hoe dankbaar is ek teenoor Christus Jesus ons Here, wat my betroubaar geag en my aangestel het om Hom te dien.” 1 Timoteus 1:12 NLV
Moenie uitbrand nie (1)
Het jy geweet dat mense in beroepe wat ander mense help ‘n hoër koers van dwelmmisbruik, alkoholisme en selfdood as ander beroepe ervaar? ‘n Groot bydraende faktor daartoe is die feit dat hulle net die probleme en negatiewe kant van mense se lewens hoor en sien. Om dus effektief te bly, moet jy leer om die volgende te doen: (1) Kweek nuwe dissiplines. Maak die deur toe, laat jou telefoonoproepe na stempos gaan en ontspan. Moet bowenal nie verbaas wees wanneer probleme opduik nie. Jesus het gesê ons sal swaarkry beleef (sien Johannes 16:33). Die skrywer M. Scott Peck sê wanneer jy verwag dat die lewe moeilik gaan wees, blyk dit gewoonlik minder moeilik te wees. (2) Neem gereeld tyd af. Doen iets anders op jou afdae. Jou Skepper het nooit bedoel dat jy meer ure moet insit as wat Hy het nie! Spurgeon het gesê: ‘Rus is so nodig vir die gees soos slaap vir die liggaam. As ons nie rus nie, breek ons af.’ Jesus het gesê: ‘…Kom julle nou self eenkant toe na ‘n stil plek en skep ‘n bietjie asem’ (Markus 6:31 NLV). 3) Oefen en kry genoeg slaap. Stap, swem en haal diep asem. Dis goed vir jou! Dr Arch Hart sê: ‘Adrenale opwekking verminder ons behoefte aan slaap, maar dit is ‘n lokval en ons betaal uiteindelik die boete. Die meeste volwassenes benodig 8-9 uur se slaap per nag.’ 4) Leer om te ontspan. Om te ontspan is die teenoorgestelde van die veg-of-vlug reaksie. Die Bybel sê: ‘…’n getroue boodskapper is gesondheid’ (Spreuke 13:17 KAB23). So min as twintig minute ‘n dag kan die skadelike effek van ‘…ons vrees vir vandag of ons kommer oor môre…’ (Romeine 8:38 NLV), teëwerk.
21 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min