Woord vir Vandag - 20 Junie 2025

Loading player...
“...As jy weer tot inkeer gekom het, moet jy jou medegelowiges gaan ondersteun.” Lukas 22:32 NLV
God gebruik beskadigde mense
Mense word te dikwels onderwaardeer of geïgnoreer as gevolg van wat hulle in die lewe deurgemaak het. Soms is dit as gevolg van wat hulle aan ander gedoen het, soms is dit as gevolg van wat ander aan hulle gedoen het. As jy al ooit by ‘n pandjieswinkel was, weet jy dat daar waardevolle items teen groot afslagpryse is; jy moet net weet waarna jy soek. Jesus weet waarna Hy soek. Petrus se hartseer omdat hy Jesus verloën het, het hom so diep getref dat hy besluit het om na sy ou werk as visserman terug te keer. Kan jy jou die skinderstories by die hawe voorstel? ‘Dis die ou wat sy rug op Jesus gedraai het.’ As Petrus ‘n leraar was, sou ons sy bedanking geëis het. Tog was hy die eerste persoon wat Jesus na die opstanding opgesoek het. Toe Jesus vir Petrus sien, het Hy nie een keer van Petrus se misstap melding gemaak nie. Drie keer het Hy egter vir Petrus gevra: ‘Het jy My lief?’ Toe Petrus drie keer instemmend geantwoord het, het Jesus vir hom gesê: ‘Wees ‘n herder van my skape.’ Dit het na Petrus se toekoms as pastoor en hoof van die kerk verwys (sien Johannes 21:15-17). Jesus het verby Petrus se verlede gekyk en sy toekoms gesien. Petrus se mislukking was nie ‘n verrassing nie. Jesus het vir hom gesê: ‘...As jy weer tot inkeer gekom het, moet jy jou medegelowiges gaan ondersteun.’ Petrus se swakheid wat hy oorkom het en die herstellende genade wat hy ervaar het, het sy grootste onderriginstrumente om ander te help, geword. Ja, God sal jou teregwys, maar dit is om jou te herstel en jou vir sy doeleindes te gebruik.
19 Jun 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 27 Mei 2026

“…Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word… nie.” Johannes 4:15 NLV Christus kan jou siel bevredig Sy het in Samaria gewoon, was vyf keer getroud en het nou saam met ‘n man gewoon wat nie haar eggenoot was nie. Miskien het mense vreeslik oor haar…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 June 2026

“Whatever your hand finds to do, do it with your might.” Ecclesiastes 9:10 NKJV Spiritual pathways (5) The activist pathway. When you’re on this spiritual pathway, you have a high level of energy. This may be one of your favourite Scriptures: “Whatever your hand finds to do, do it with…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 30 Junie 2026

“Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Geestelike paaie (5) Die aktivispad. Wanneer jy op hierdie geestelike pad is, het jy ‘n hoë vlak van energie. Die volgende mag dalk een van jou gunsteling Skrifgedeeltes wees: ‘Doen met toewyding alles wat jou hand…
22 May 1 min

Word for Today - 29 June 2026

“I was glad when they said to me, ‘Let us go into the house of the Lord.’” Psalm 122:1 NKJV Spiritual pathways (4) The worship pathway. When you’re on the worship pathway, you resonate with the Psalmist: “I was glad when they said to me, ‘Let us go into the…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 29 Junie 2026

“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan na die huis van die Here.’” Psalm 122:1 NLV Geestelike paaie (4) Die aanbiddingspad. Wanneer jy op die aanbiddingspad is, vind jy aanklank by die Psalmdigter: ‘Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan…
22 May 2 min