Woord vir Vandag - 18 Junie 2025

Loading player...
“…Wat van hom, Here?” Johannes 21:21 NLV
Moenie na Christene kyk nie, kyk na Christus
Een dag het Petrus na Johannes gekyk en vir Jesus gevra: ‘…’Wat van hom, Here?’ Jesus reageer daarop: ‘…wat het dit met jou te doen? Volg jy net vir My!’’ (vers 21-22 NLV). Wanneer mense jou teleurstel, moet jy onthou dat jy ook al mense teleurgestel het. Wanneer mense vir jou slegte raad gee, moet jy onthou dat jy ook al vir mense slegte raad gegee het. Daar is net een persoon wat jou nooit sal teleurstel nie en jou altyd in die regte rigting sal lei. Jesus. ‘…Wie My aanhou volg, sal nooit in die duisternis leef nie, maar sal die lig hê wat lewe gee’ (Johannes 8:12 NLV). Jesus verlig elke tree wat jy gee. Christus se eie dissipels sou jou teleurgestel het. Petrus was rasbevooroordeeld. Jakobus en Johannes wou vuur uit die hemel op diegene in ‘n dorpie wat vir Jesus en sy dissipels oornagverblyf geweier het, afroep. Tomas het die waarheid van die opstanding betwyfel en gesê: ‘…As ek nie die merk van die spykers in sy hande sien… nie, sal ek nooit glo nie’ (Johannes 20:25 NLV). Ja, mense sal jou teleurstel. Jesus sal egter nooit. Dis hoekom die Bybel sê: ‘...kom ons stroop alles af wat ons spoed kan vertraag, veral die sonde wat so maklik ‘n houvas op ‘n mens kan kry. Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê, ons oë vasgenael op Jesus, die Een op wie ons geloof vanaf die wegspring tot by die eindstreep steun’ (Hebreërs 12:1-2 NLV). Die enigste mense wat jou in die steek kan laat, is die mense op wie jy steun. Die woord vir jou vandag is dus - steun minder op mense en meer op Jesus.
17 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min