Woord vir Vandag - 17 Junie 2025

Loading player...
“Gebruik… as swaard, die Gees, dit is God se woord.” Efesiërs 6:17 NLV
Pastoor, hou jou swaard skerp
Paulus het sy geestelike seun en opvolger, Timoteus, gewaarsku: ‘Jy moet ook dít weet, Timoteus, dat daar gedurende die laaste dae moeilike tye sal kom. Want mense sal net hulleself en hulle geld liefhê. Hulle sal grootpraterig en arrogant wees, met God spot, ongehoorsaam wees aan hulle ouers en ondankbaar. Hulle sal niks as heilig beskou nie. Hulle sal liefdeloos en en onvergewensgesind wees; hulle sal ander mense belaster en geen selfbeheersing hê nie; hulle sal wreed wees en geen belangstelling hê in wat goed is nie. Hulle sal vriende verraai, roekeloos wees, hooghartig, en hulle sal plesier liewer hê as vir God. Hulle sal optree asof hulle godsdienstig is, maar dit wat aan die Christelike godsdiens sy innerlike krag gee, ignoreer. Jy moet wegbly van sulke mense af’ (2 Timoteus 3:1-5 NLV). Soos jy hierdie lys lees, besef jy dat Paulus netsowel die samelewing waarin ons vandag leef, kon beskryf. Wat is dan die antwoord? Mans en vrouens van God wat weet hoe om die swaard van sy Woord vaardig te gebruik. As jy een van hulle is, kan jy vir seker weet dat Satan jou geteiken het. Hy wil die skerp kant van jou swaard afstomp, sodat jou boodskap oneffektief is. Dis ‘n ou truuk wat die Filistyne, Israel se aartsvyande, gebruik het om hulle in ballingskap te hou. Hulle het van al die smede in die land ontslae geraak (sien 1 Samuel 13:19). Gevolglik het die Israeliete geen manier gehad om hul swaarde te slyp, hulself te verdedig en die juk van onderdrukking af te gooi nie. Pastoor, as geestelike smid, is dit jou roeping om hulle op te skerp. Leef dus op jou knieë en leef in God se Woord. Die uur is laat en die nood is groot. Pastoor, God vertrou op jou om jou swaard skerp te hou.
16 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min