Woord vir Vandag - 15 Junie 2025

Loading player...
“Pa’s, julle moenie julle kinders kwaad maak nie. Julle moet hulle reg grootmaak… soos die Here wil hê.” Efesiërs 6:4 ABA
Vaders, laat voetspore vir julle kinders na
Daar is ‘n verhaal van ‘n man in ‘n kruidenierswinkel wat ‘n trollie met ‘n skreeuende baba gestoot het. Hy het saggies herhaal: ‘Bly kalm, George. Alles gaan oukei wees, George.’ ‘n Dame wat met bewondering toegekyk het, het vir die man gesê: ‘Jy moet vir jou geduld om klein George te probeer stilmaak, geloof word.’ Die man het geantwoord: ‘Dame, jy het dit verkeerd; ek is George!’ As jy 'n ouer is, kan jy hiermee identifiseer. In plaas daarvan om te lees: ‘Pa’s, julle moenie julle kinders kwaad maak nie,’ voel dit soms of die Skrif moet lees: ‘Kinders, moenie julle pa’s se siele versondig nie.’ Dit doen egter nie. Ouers is geroep om ‘n voorbeeld van God se liefde te wees en kinders leer die beste deur waarneming. Inkopies by die kruidenierswinkel is ‘n geleentheid om jou kinders die regte manier van optrede, te wys. Daar is geen groter rolmodel vir kinders as ‘n ouer nie. Daar was ook nog nooit ‘n groter behoefte aan godvrugtige ouers as vandag nie. Kolossense 3:21 sê: ‘Ouers, moenie aanhou foutvind met julle kinders nie sodat hulle nie moedeloos word nie’ (NLV). Dit beteken dat jy ‘n model van geduld en liefde vir jou kinders moet wees. Ouers word deur God in plek gestel om ‘n instrument te wees wat die leerstellings van die Bybel in ‘n lewende getuie vir hul kinders kan omskep. In ‘n tyd wanneer ons ‘n hoë prys weens die gebrek aan regte vaders in die huis betaal, herinner die Skrif ons: ‘…Vaders moet hulle kinders van u getrouheid vertel’ (Jesaja 38:19 NLV). Pa, wy jouself daaraan toe om die Here te volg en voetspore vir jou kinders waarin hulle kan loop, na te laat.
14 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min