Donderdag Oggenddiens - Ds Johan Marais

Loading player...
ROMEINE 8
Die nuwe lewe onder die genade. Die Gees van heiligheid en aanneming as kinders.
1DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.
2Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.
3Want God het — wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees — deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees,
4sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.
5Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge.
6Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede,
7omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie.
8En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie;
9julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie.
10Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees is lewe vanweë die geregtigheid.
11En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.
12Daarom dan, broeders, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie;
13want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe.
14Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.
15Want julle het nie ontvang 'n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!
12 Jun 2025 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Donderdag Oggenddiens - Past Franko van der Vlies

MATTEUS 26 Die paasmaaltyd word voorberei (Mark. 14:12-21; Luk. 22:7-14) 17Op die eerste dag van die fees van die ongesuurde brood kom die dissipels na Jesus toe en vra: “Waar wil U hê moet ons gaan regmaak vir U om die paasmaaltyd te eet?”
29 Oct 2AM 10 min

Woensdag Oggenddiens - Past Franko van der Vlies

LUKAS 9 Om Jesus te volg (Matt. 16:24-28; Mark. 8:34 – 9:1) 23Toe het Hy vir almal gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg,
28 Oct 2AM 9 min

Dinsdag Oggenddiens - Past Franko van der Vlies

DIE OPENBARING 4 God sit op die troon 1Hierna het ek, Johannes, in die hemel 'n deur gesien wat oopgemaak is, en die stem, soos die geluid van 'n trompet, wat ek die eerste keer met my hoor praat het, het gesê: “Kom op hierheen, en Ek sal vir jou…
27 Oct 2AM 10 min

Sondagaand Erediens - Ds Kobus Botha

MARKUS 10 Jesus seën die kindertjies (Matt. 19:13-15; Luk. 18:15-17) 13Die mense het kindertjies na Jesus toe gebring dat Hy hulle moet aanraak. Sy dissipels het met die mense daaroor geraas. 14Maar toe Jesus dit sien, was Hy verontwaardig en het Hy vir hulle gesê: “Laat die kindertjies na My…
25 Oct 1PM 18 min