Woord vir Vandag - 11 Junie 2025

Loading player...
“Gee jou volle aandag aan hierdie sake. Werp jouself in jou werksaamhede sodat almal jou vordering kan sien.” 1 Timoteus 4:15 NLV
Wees gewillig om te verander (1)
Jy moet besef dat sonder verandering, daar geen vooruitgang kan wees nie. Verandering moet egter nie sonder rede plaasvind nie. Dit kan ‘n kenmerk van rusteloosheid en ‘n simptoom van innerlike konflik wees. Verandering kan groot geleenthede sowel as potensiële verliese verteenwoordig. Alhoewel alle vordering verandering meebring, bring alle verandering nie vordering mee nie. Soos die leierskapkundige Max Depree opmerk: ‘Ons kan nie word wie ons veronderstel is om te wees, deur te bly waar ons is nie.’ As jy wil groei, moet jy gewillig wees om te verander. Generaal Douglas MacArthur het gesê: ‘Die lewe is ‘n aktiewe proses van wording. As jy nie die afgelope jaar iets by jou belangstellings gevoeg het nie, as jy dieselfde ou gedagtes dink, dieselfde persoonlike ervarings deel, dieselfde voorspelbare reaksies het, het jou persoonlikheid in rigor mortis vasgevang geword.’ Rigor mortis is die fisiese rigiditeit wat na die dood intree. Dit kan in jou verhoudings, loopbaan en geestelik intree. In 1 Timoteus 4 is Paulus besig om sy geestelike seun Timoteus te mentor om leierskap in die kerk oor te neem wanneer Paulus nie meer daar is nie. Paulus het vir Timoteus gesê dat hy nie die mantel van leierskap kan erf bloot omdat Paulus hom liefgehad het nie; hy sal daarvoor moet werk. Dit het beteken dat hy aan homself moet werk! ‘Gee jou volle aandag aan hierdie sake. Werp jouself in jou werksaamhede sodat almal jou vordering kan sien.’ Ons almal kry geleenthede in die lewe, maar slegs diegene wat voorbereid is herken hulle en gryp hulle aan. Dit beteken dat jy bereid moet wees om te groei, aan te pas en te verander.
10 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min