Woord vir Vandag - 6 Junie 2025

Loading player...
“Julle toon duidelik dat julle ‘n brief van Christus is…” 2 Korintiërs 3:3 NLV
Jou lewe is ‘n brief (1)
Paulus het vir die gelowiges in Korinte geskryf: ‘Julle is tog self ons brief… bekend aan en gelees deur alle mense. Julle toon duidelik dat julle ‘n brief van Christus is, deur ons diens voorberei en geskryf, nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God…’ (verse 2-3 NLV). Gewoonlik wanneer ons pos kry, sorteer ons dit in twee hopies: belangrike pos en gemorspos. Hoe bepaal ons wat is wat? Deur hierdie twee vrae te beantwoord: 1) Wie het die brief gestuur? Die bron bepaal die vlak van jou belangstelling. Jy is ‘n brief van Christus aan die wêreld, ‘n brief oor Christus, want: ‘Ons verkondig nie onsself nie, maar Jesus Christus as die Here…’ (2 Korintiërs 4:5 NLV). Stel mense regtig belang? Ja, Jesus het beloof: ‘En wanneer Ek van die aarde af aan die kruis verhoog word, sal Ek almal na My toe trek’ (Johannes 12:32 NLV). Niks is vandag so nodig soos ‘n lewende portret van Jesus wat in die lewens van sy verloste mense weerspieël word nie. Lewer dus jou liefdesbrief aan wie ook al jou pad kruis, af. 2) Aan wie is die brief geadresseer? Die Bybel antwoord hierdie vraag: ‘…sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê’ (Johannes 3:16 NLV). Dr David Yonggi Cho het die wêreld se grootste kerk, wat amper ‘n miljoen mense kan huisves, in Seoul, Suid-Korea, gebou. Dit is groter as baie dorpe en stede. As jong Boeddhis is hy na Christus deur ‘n dame wat hy net een keer ontmoet het, gelei. Wat as sy besluit het om stil te bly? Jou lewe is ‘n brief van Christus met die potensiaal om iemand anders se lewe te verander, maak dus seker jy lewer dit af.
5 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min