Woord vir Vandag - 4 Junie 2025

Loading player...
“Net so min gooi ‘n mens nuwe wyn in ou leersakke…” Markus 2:22 NLV
Uit met die oue en in met die nuwe!
As nuwe skepping, word jy nie meer deur jou ou gedrag nie, maar deur jou verhouding met Christus beheer. Jon Walker skryf: ‘’n Paar kilometer van my huis af is daar ‘n winkel wat ‘n opknapping ondergaan het. Die werknemers het egter moontlik nie die memo ontvang nie. Die werker agter die toonbank het ‘n nuwe uniform gedra, maar hy het ook dieselfde nors voorkoms gehad wat ek voorheen gesien het. Dit het my laat dink oor hoe ons probeer om nuwe wyn in ou leersakke te gooi. Jesus sê ons sal beslis misluk, want ‘…doen jy dit tog, gaan die wyn die sakke laat skeur en die wyn sowel as die sakke sal daarmee heen wees…’ (vers 22 NLV). Doen ons egter nie dieselfde as dit by ons Christelike wandel kom nie? Die nuwe wyn van onvoorwaardelike liefde, geskink in die ou leersak van haat vir die gesin wat twee deure van ons af bly. Die nuwe wyn van aanbidding, gegiet in die ou leersak van verafgoding van geld, mag, musiek of die nuutste videospeletjie. Die nuwe wyn van Bybelstudie, gegooi in die ou leersak van besig wees met onbenullighede. Die nuwe wyn van nederigheid, geskink in die ou leersak van verwaandheid. Die nuwe wyn van vergifnis, geskink in die ou leersak van bitterheid. Die nuwe wyn van ander eerste plaas, gegiet in die ou leersak van selfsugtige ambisie. Die nuwe wyn van vreugde, geskink in die ou leersak van jaloesie. Die nuwe wyn van vrede, geskink in die ou leersak van onenigheid.’ As enigiets hiervan bekend klink, is dit tyd om die ou leersak weg te gooi en God toe te laat om jou ‘n kragtige, nuwe, skoon skepping te maak.
3 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min