Woord vir Vandag - 3 Junie 2025

Loading player...
“Maar wanneer die Heilige Gees oor julle kom, sal julle krag ontvang…” Handelinge 1:8 NLV
Gebruik vandag jou Godgegewe krag
Jy vra: ‘As Christus in my woon, hoekom dink en tree ek steeds op hierdie manier op?’ ‘n Christelike leier verduidelik: ‘Die antwoord word in ‘n storie oor ‘n dame wat ‘n klein huisie aan die begin van die eeu gehad het, geïllustreer. Sy was redelik ryk, maar ook redelik spaarsamig. Mense was verbaas toe sy besluit het om onder die eerstes te wees wat elektrisiteit by haar huis te laat aanlê. Etlike weke na die installasie het ‘n meterleser by haar deur verskyn. Hy het haar gevra of haar elektrisiteit goed werk en sy het hom verseker dat dit doen. ‘Ek wonder of jy iets vir my kan verduidelik,’ het hy gesê. ‘Jou meter wys skaars enige gebruik. Gebruik jy enigsins die elektrisiteit?’ ‘Natuurlik,’ antwoord sy. ‘Elke aand as die son sak, sit ek my ligte net lank genoeg aan om my kerse aan te steek; dan skakel ek dit weer af.’ Sy het die krag aangeskakel, maar dit nie gebruik nie. Haar huis was aan elektrisiteit gekoppel, maar nie verander nie. Maak ons nie dieselfde fout nie? Ons vertrou op Christus vir verlossing, maar weerstaan transformasie. Ons speel soms met die skakelaar, maar die meeste van die tyd is ons met skaduwees tevrede. Wat sou gebeur as ons die lig aanlos? Watter veranderinge sou plaasvind wanneer ons besluit om in Christus se glans te woon? God het ambisieuse planne vir ons; daar is geen twyfel daaroor nie. Dieselfde Een wat jou siel gered het, verlang daarna om jou hart te omskep. Sy plan is niks minder as ‘n totale transformasie nie. ‘… God het elkeen wat Hy vir Hom uitgesoek het se lewe nuutgemaak. Nou kan hulle die beeld van sy Seun weerkaats…’ (Romeine 8:29 DB). Gebruik vandag jou Godgegewe krag.
2 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min