Woord vir Vandag - 1 Junie 2025

Loading player...
“Ons het hierdie skat egter maar net in breekbare kleipotte…” 2 Korintiërs 4:7 NLV
Jy is die kleipot, nie die skat nie
Maak seker om onderskeid tussen die ‘breekbare kleipot’ en die ‘skat’ te tref. Paulus sê: ‘Ons het hierdie skat,’ hy sê nie: ‘Ons is hierdie skat,’ nie! Elke keer wanneer jy mense toelaat om aan jou as die skat te dink, is God nie tevrede nie en stel jy jouself vir mislukking bloot. Wanneer God ‘n skat in jou deponeer, beteken dit twee dinge: (1) Hy verwag ‘n opbrengs op sy belegging. (2) Jy word tot ‘n hoër vlak van verantwoordelikheid en aanspreeklikheid geroep. Soms dink mense leiers is immuun teen die lewe se toetse en beproewings. Dis nie so nie! Net omdat iemand talent het, beteken nie dat hulle nie op sekere gebiede sukkel nie. Hulle stryd is dalk onsigbaar, maar hulle sukkel steeds. God gebruik ook mense wat ons sou afgekeur en weggegooi het, soos Ragab wat as ‘n prostituut in Jerigo gewerk het. Toe sy haar geloof egter in God plaas, het Hy haar gebruik om die slag van Jerigo te help wen. Hy het haar ook toe in die familielyn van Christus ingesluit (sien Hebreërs 11:31). Wat van Jefta? Sy ma was ongetroud, hy is deur sy halfbroers en -susters as buite-egtelik verwerp en het uiteindelik saam met ‘n bende in ‘n grot gewoon. Tog het God hom gebruik om Israel te verlos en een van sy jongste leiers te word (sien Hebreërs 11:32). God spesialiseer daarin om gebroke kleipotte te herstel. Hy neem dinge wat nie produktief is nie – huwelike wat nie werk nie, mense met probleme – en leer hulle hoe om oorwinnend en vrugbaar in sy diens te staan. Hierdie wete gee jou die krag en volharding om enigiets teen te staan, want jy verstaan dat wanneer God sy skat in jou plaas, Hy dit sal beskerm, gebruik en seën.
31 May 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 27 Mei 2026

“…Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word… nie.” Johannes 4:15 NLV Christus kan jou siel bevredig Sy het in Samaria gewoon, was vyf keer getroud en het nou saam met ‘n man gewoon wat nie haar eggenoot was nie. Miskien het mense vreeslik oor haar…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 June 2026

“Whatever your hand finds to do, do it with your might.” Ecclesiastes 9:10 NKJV Spiritual pathways (5) The activist pathway. When you’re on this spiritual pathway, you have a high level of energy. This may be one of your favourite Scriptures: “Whatever your hand finds to do, do it with…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 30 Junie 2026

“Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Geestelike paaie (5) Die aktivispad. Wanneer jy op hierdie geestelike pad is, het jy ‘n hoë vlak van energie. Die volgende mag dalk een van jou gunsteling Skrifgedeeltes wees: ‘Doen met toewyding alles wat jou hand…
22 May 1 min

Word for Today - 29 June 2026

“I was glad when they said to me, ‘Let us go into the house of the Lord.’” Psalm 122:1 NKJV Spiritual pathways (4) The worship pathway. When you’re on the worship pathway, you resonate with the Psalmist: “I was glad when they said to me, ‘Let us go into the…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 29 Junie 2026

“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan na die huis van die Here.’” Psalm 122:1 NLV Geestelike paaie (4) Die aanbiddingspad. Wanneer jy op die aanbiddingspad is, vind jy aanklank by die Psalmdigter: ‘Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan…
22 May 2 min