Net nog enetjie | Bring BEE-lon binnekort Starlink vir SA? | Ep. 41

Loading player...
Musk sê hy is net bereid om te kom as hy sy maatskappy op meriete mag bedryf. Die ANC sê hy mag net kom as hy aan hulle rasreëls voldoen. Intussen sit Suid-Afrika en wag om te sien of BEE-lon gaan seëvier?

Luister na hierdie week se episode van Net nog enetjie waarin Christel Cornelissen, Nico Strydom en Connie Mulder oor hierdie kwessies gesels. Sit harder, skink vir jou ook nog enetjie en kuier saam!
29 May Afrikaans South Africa News Commentary · News

Other recent episodes

Net nog enetjie | Mnr. Donald speel die (Trump)-tariefkaart | Ep. 49

Die VSA se nuwe tariefkaart is nie bloot ʼn ekonomiese skuif nie – dit is ʼn politieke hefboom. Tariewe word doelbewus gebruik om handelsverhoudinge te heronderhandel op maniere wat beter inpas by Amerika se belange. In Suid-Afrika se Deal or no Deal-episode staan Ramaphosa so verstar soos ʼn bok voor…
31 Jul 35 min

Net nog enetjie | Ramaphosa laat die koppe rol | Ep. 48

Tot dusvêr lyk dit asof die ANC nie beskik oor die vermoë om hulself van binne af te vernuwe nie. Die “S” in hul DNS staan blykbaar nie vir “struggle” nie, maar vir “steel”. Daarom is dit nie genoeg om elke nou en dan die brande te probeer blus terwyl…
22 Jul 23 min