Woord vir Vandag - 30 Mei 2025

Loading player...
“…Maar hoe meer die sonde geword het, hoe oorvloediger het God se genade geword.” Romeine 5:20 NLV
‘Baie meer’ of ‘baie minder’ (1)
Die volgende uitdrukking word dwarsdeur die Skrif gebruik om God se voorsiening aan ons te beskryf: ‘baie meer.’ Dit verseker ons dat daar geen behoefte is wat nie deur sy oorvloedige hulpbronne vervul kan word nie. Ons neiging is egter om ons behoeftes met ‘n houding van ‘baie minder’ te benader. Dit neem aan dat God nie aan hulle kan voldoen nie of onwillig is om aan hulle te voldoen. Nee, God wil hê dat ons ‘n ‘baie meer’ houding moet inneem. Baie minder is die taal van sigbare dinge; dit laat toe dat omstandighede en gebrek ons lewens beheers. Baie meer is die taal van onsigbare dinge; dit nooi ons uit om in die versekering van God se oorvloedigheid te lewe. ‘n Treffende illustrasie van hierdie beginsel kan in 2 Kronieke 32 gevind word. Koning Sanherib van Assirië se leër het gedreig om Israel uit te wis. Nadat hy hulle vertel het wat hy aan die mense van ander lande gedoen het, het hy bygevoeg: ‘…Hoeveel minder is die kans dat julle God julle uit my mag sal red!’ (vers 15 NLV). Koning Hiskia het egter sy geloof op God se hulpbronne gevestig en die Israeliete as volg bemoedig: ‘…Moenie bang wees vir die koning van Assirië of sy magtige leër nie, want daar is ‘n baie groter mag aan ons kant! Hy het dalk ‘n groot leër, maar hulle is maar net mense. Die Here ons God is by ons en Hy sal vir ons veg!..’ (verse 7-8 NLV). Dis tyd dat jy ‘n ‘baie meer’ mentaliteit in jou lewe ontwikkel want God kan ‘…oneindig meer doen as wat ons vra of dink om te vra’ (Efesiërs 3:20 NLV).
29 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min