Woord vir Vandag - 28 Mei 2025

Loading player...
“Ek jaag wenpaal toe…” Filippense 3:14 NLV
Jy is amper daar!
Sielkundiges sê dat die grootste invloed op ons toekoms dikwels ons verlede is. Paulus sê egter vir ons om die verlede te vergeet en te fokus op: ‘...dit wat voorlê. Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys…’ (verse 13-14 NLV). Een berader skryf: ‘Ek weet jy is moeg, oorweldig en voel of hierdie moeilike tyd vir ewig gaan duur. Dit sal nie. Jy is amper daar. Jy is getoets en weer getoets oor wat jy geleer het. Jou geloof is deur vuur gelouter. Meer probleme het voorgekom as wat jy verwag het. Jy het dit nie beplan nie, maar dit was goed vir jou. ‘n Deel van jou het dit aangevoel selfs toe jou kop vir jou gesê het dat dinge uitmekaar val, dat jy nie ‘n plan daarvoor het nie, dat God jou vergeet het. Elke voorval - die pynlikste, kommerwekkendste, verrassendste – hou verband met mekaar.’ ‘En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens sy doel vir hulle lewe’ (Romeine 8:28 NLV). Die berader gaan voort: ‘Dinge was bedoel om op hierdie manier te gebeur. Jy het nie geglo dit sou so lank neem nie, maar dit het. Jy het geduld aangeleer. Nou val dinge in plek. Jy is amper aan die einde van hierdie moeilike deel van die reis. Jy het al ‘n berg geklim. Nou is jy naby die bopunt van die berg. Net nog ‘n oomblik en die oorwinning sal joune wees. Ruk jou skouers reg. Haal diep asem. Beweeg in vertroue vorentoe. Die tyd kom om alles waarvoor jy geveg het, te geniet. Jou stryd was nie verniet nie. Daar sal nog berge wees, maar nou weet jy hoe om hulle te klim.’
27 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min