Woord vir Vandag - 27 Mei 2025

Loading player...
“Mooi woorde is soos heuning; dit is goed vir die gees en bevorderlik vir sy lewe.” Spreuke 16:24 NLV
Sê vir hulle terwyl jy nog kan
Lees die volgende: ‘Ek onthou toe ek jou nuwe kar bestuur en dit afgeskryf het. Ek het gedink jy sou woedend wees en my nooit vergewe nie, maar jy het nie. Ek onthou toe ek strand toe wou gaan en jy nie wou nie, want jy het gesê dit gaan reën. Ons het gegaan, en dit het gereën. Ek was seker jy sou dit invryf en sê: ‘Ek het jou mos so gesê!’ Maar jy het nie. Dan was daar die tyd toe ek bloubessiesap op jou nuwe wit tuxedo gemors het. Ek het geweet jy sou ontsteld wees en my blameer. Maar jy het nie. Onthou jy daardie formele aand? Ek het my misgis en vir jou gesê dit is informeel. Jy het blou jeans gedra en soos ‘n vis uit die water gevoel. Ek was seker jy sou in woede uitstorm en my daar agterlaat. Maar jy het nie. Ek wou jou vertel hoe lief ek vir jou is en hoe baie ek jou vir al daardie dinge waardeer wanneer jy van Afghanistan terugkeer. Maar jy het nie.’ Moenie in die toekoms oor onuitgesproke woorde wat iemand moes hoor, spyt wees nie. ‘Mooi woorde is soos heuning; dit is goed vir die gees en bevorderlik vir sy lewe.’ Min dinge is so effektief soos die regte woord op die regte tyd. Aan die ander kant is woorde van vriendelikheid wat weerhou word, ‘n swaar las om mee saam te leef. Dis hoekom die Bybel sê: ‘Bekommernis rem ‘n mens af; bemoedigende woorde maak hom bly’ (Spreuke 12:25 NLV). Moenie toelaat dat skaamheid of ‘n vrees vir verwerping jou daarvan weerhou om te sê wat gesê moet word nie. Sê dit vir hulle terwyl jy nog kan.
26 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min