Woord vir Vandag - 25 Mei 2025

Loading player...
“Die liefde bly stil oor ander se foute, dit bly steeds vertrou, dit hou aan met hoop, dit verduur alles.” 1 Korintiërs 13:7 NLV
Moenie toelaat dat ‘n muur tussen julle gebou word nie
’n Onbekende skrywer het hierdie aangrypende woorde geskryf: ‘Hul troufoto het hulle van die rak af gespot, hierdie twee wie se gedagtes mekaar nie meer aangeraak het nie. Hulle het met so ‘n swaar versperring tussen hulle begin leef dat nie ‘n ensiklopedie van woorde of ‘n artillerie van aanraking dit kon afbreek nie. Iewers, tussen die oudste kind se eerste tand en die jongste dogter se gradeplegtigheid, het hulle mekaar verloor. Deur die jare het elkeen stadig daardie deurmekaar bol tou genaamd, self, ontrafel, en terwyl hulle aan hardnekkige knope geruk het, het elkeen sy soektog vir die ander verberg. Soms het sy snags gehuil en die fluisterende donkerte gesmeek om vir haar te sê wie sy is. Hy het langs haar gelê en snork soos ‘n beer wat hiberneer, onbewus van haar winter. Sy het ‘n kursus oor moderne kuns geneem, probeer om haarself in kleure wat op ‘n doek gespat is te vind en by die ander vroue oor mans wat onsensitief is, gekla. Hy het in ‘n graf genaamd ‘Die Kantoor’ geklim, sy gedagtes in ‘n kleed van syfers op papiere toegedraai en homself in kliënte begrawe. Stadig het die muur tussen hulle verrys, gebou deur die sement van onverskilligheid. Op ‘n dag, terwyl hulle na mekaar uitreik, het hulle ‘n versperring gevind wat hulle nie kon binnedring nie. Hulle het teruggedeins van die klip se koue en elkeen het van die vreemdeling aan die ander kant teruggetrek. Wanneer liefde sterf, is dit nie in ‘n oomblik van woedende baklei of wanneer vurige lywe hul hitte verloor nie. Dit lê hygend, uitgeput, vasgeval aan die onderkant van ’n muur waaroor dit nie kon kom nie.’ Die woord is dus vandag vir jou: moenie toelaat dat ‘n muur tussen julle gebou word nie.
24 May 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 27 Mei 2026

“…Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word… nie.” Johannes 4:15 NLV Christus kan jou siel bevredig Sy het in Samaria gewoon, was vyf keer getroud en het nou saam met ‘n man gewoon wat nie haar eggenoot was nie. Miskien het mense vreeslik oor haar…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 June 2026

“Whatever your hand finds to do, do it with your might.” Ecclesiastes 9:10 NKJV Spiritual pathways (5) The activist pathway. When you’re on this spiritual pathway, you have a high level of energy. This may be one of your favourite Scriptures: “Whatever your hand finds to do, do it with…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 30 Junie 2026

“Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Geestelike paaie (5) Die aktivispad. Wanneer jy op hierdie geestelike pad is, het jy ‘n hoë vlak van energie. Die volgende mag dalk een van jou gunsteling Skrifgedeeltes wees: ‘Doen met toewyding alles wat jou hand…
22 May 1 min

Word for Today - 29 June 2026

“I was glad when they said to me, ‘Let us go into the house of the Lord.’” Psalm 122:1 NKJV Spiritual pathways (4) The worship pathway. When you’re on the worship pathway, you resonate with the Psalmist: “I was glad when they said to me, ‘Let us go into the…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 29 Junie 2026

“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan na die huis van die Here.’” Psalm 122:1 NLV Geestelike paaie (4) Die aanbiddingspad. Wanneer jy op die aanbiddingspad is, vind jy aanklank by die Psalmdigter: ‘Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan…
22 May 2 min