Woord vir Vandag - 20 Mei 2025

Loading player...
“…Die gebed van iemand wie se saak met God reg is, het ‘n kragtige werking.” Jakobus 5:16 NLV
Gebed en jou “RAS”
Om te verstaan hoe kragtig en effektief gebed is, moet ons vanuit ‘n neurologiese perspektief daarna kyk. By die basis van ons brein lê ‘n groep senuwees wat die retikulêre aktiveerstelsel (RAS) genoem word, wat ons omgewing monitor. Ons word voortdurend met ontelbare stimuli wat meeding om ons aandag, gebombardeer en dit is die RAS se taak om te bepaal wat raakgesien word en wat ongemerk bly. Jy laai byvoorbeeld ‘n nuwe luitoon vir jou selfoon af. Jy is seker dat jy dit nog nooit vantevore gehoor het nie. Nadat jy dit egter afgelaai het, lyk dit asof almal dieselfde luitoon het. Dis nie omdat baie mense die luitoon na jou gaan aflaai het nie. Dit is die eenvoudige feit dat toe jy daardie luitoon afgelaai het, dit ‘n kategorie in jou RAS geskep het. Daardie luitoon het onopgemerk by jou verbygegaan voordat jy dit afgelaai het, want dit was nie vir jou belangrik nie. Sodra jy die luitoon afgelaai het, het die RAS dit as relevant erken. Gebed werk op dieselfde manier. Wanneer jy vir iets of iemand bid, skep dit ‘n kategorie in jou retikulêre aktiveerstelsel. Nou merk jy alles wat relevant aan daardie gebed is, op. ‘n Pastoor skryf: ‘Het jy al ooit opgelet dat toevallighede gebeur wanneer jy bid? Dit is meer as net toeval, dit is voorsienigheid. Gebed skep goddelike geleenthede. Gebed heilig egter ook die retikulêre aktiveerstelsel en stel ons in staat om die geleenthede wat God beskik het en wat heeltyd oral om ons is, raak te sien. Sodra ons hierdie geleenthede sien, moet ons ons geloof aktiveer en hulle aangryp.’ Gebed is die portaal na God se koninkryk en waardeur sy seëninge na ons toe vloei. Bid dus elke dag.
19 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min