Woord vir Vandag - 16 Mei 2025

Loading player...
“Terug na die wet en die getuienis van die Here! Wie nie volgens hierdie woord praat nie, is sonder toekoms!” Jesaja 8:20 AFR83
Wees getrou aan die Skrif
Toe hulle gevra is of hulle glo dat die Bybel die geïnspireerde en onfeilbare Woord van God is, het die meerderheid van sestien- tot nege-en-twintig-jariges in Amerika geantwoord: ‘Ja. Maar as jy nie die Woord uitleef nie, het jy nie die reg om dit aan my te verkondig nie.’ Dit is ‘n eerlike reaksie! Dink daaraan: Wie het die eerste leuen wat ooit opgeteken is vertel? Satan. In die tuin van Eden het hy vir Eva oortuig dat dit reg is om van die verbode vrugte te eet en dat God nie regtig dit wat Hy gesê het, bedoel het nie. Hy smous steeds met dieselfde ou leuen! Jy hoor dit in opmerkings soos die volgende: 1) ‘Jy kan die Bybel op baie verskillende maniere interpreteer.’ Dit klink redelik, totdat jy die volgende lees: ‘Julle moet veral weet dat geen profesie van die Skrif ontstaan het deur die profeet se eie insig nie… Inteendeel, dit was die Heilige Gees wat die profete God se woorde laat verkondig het’ (2 Petrus 1:20-21 NLV). 2) ‘Dit maak nie saak wat jy glo nie, solank jy net opreg is.’ Wat as jy opreg verkeerd is? As ‘n dokter vir iemand die verkeerde medisyne sou voorskryf, kan dit daardie persoon doodmaak, eerder as genees. 3) ‘Jy moet eerder niks sê as om iemand aanstoot te gee nie.’ As daardie persoon se huis aan die brand was, sou jy hulle nie waarsku om sodoende hulle lewe te red nie? Voor Hy verraai is, het Jesus gesê: ‘…Julle vertroue in My gaan geskok word, en julle gaan almal julle rug op My draai…’ (Markus 14:27 NLV). Die waarheid maak seer, maar dit genees, so laat ons getrou aan die Skrif wees.
15 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min