Woord vir Vandag - 13 Mei 2025

Loading player...
“…hulle het vir hulle bakke uitgekap, bakke wat nie water hou nie.” Jeremia 2:13 NLV
Net Jesus kan jou siel bevredig
Dit is deel van ons natuur om dinge te begeer. Ons hou aan om te begeer net soos wat ons aanhou om ons volgende asemteug te neem. Die probleem is dat wanneer ons die dinge kry wat ons begeer, bring dit nie die geluk waarna ons smag mee nie. Dus bly ons na meer en meer dinge soek. Volgens een teoloog is die probleem egter as volg: ‘Ons kan nie genoeg kry van dit wat ons nie nodig het nie. Maak nie saak hoeveel ons het nie, dis nooit genoeg nie. Daar is geen blywende sielsbevrediging nie. Ek het ‘n advertensie met die opskrif: ‘Gister het ek nie geweet dit bestaan nie; vandag kan ek nie daarsonder lewe nie,’ gesien. Dit word die mite van meer genoem, die mite dat meer op die ou einde genoeg sal wees. As ons hierdie mite glo, bestee ons ons lewens op soek na die volgende ding. Dit kan ‘n motor, of ‘n promosie, of die liefde van ‘n pragtige vrou of aantreklike man, wees. Dit kan, afhangend van jou ouderdom, ‘n iPod, of ‘n Lamborghini, of ‘n Barbiepop wees. Ons bly hoop dat die volgende ding dit waarna ons soek - die bron van ware bevrediging vir ons siele - sal wees. Vir ‘n paar minute, of dalk dae, ervaar ons ware sielsbevrediging. Dan vervaag dit. Dit vervaag altyd.’ Net Jesus kan ons bevredig; alles anders stel net teleur. God het gesê: ‘My volk het twee sondes gedoen: Hulle het My verlaat, die fontein wat lewe gee, en hulle het vir hulle bakke uitgekap, bakke wat nie water hou nie.’ As jy moeg is daarvoor om ‘n leë lewe te lei, kom na Jesus toe. Hy sal jou nie teleurstel nie.
12 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min