Woord vir Vandag - 12 Mei 2025

Loading player...
“…voed hulle op met dissipline en teregwysing wat die Here se goedkeuring wegdra.” Efesiërs 6:4 NLV
Gebore om te glo (2)
Ouerskap eindig nie wanneer jou kind ‘n tiener word nie. Tieners is net meer mobiel, bestee minder tyd saam met jou en is meer onafhanklik. Hulle waardeer en volg nou eerder hulle eweknieë, wat net so onvolwasse soos hulle is, na. Selfs wanneer jy morele en geestelike fondamente in hul vroeë jare gelê het, sal dinge gebeur wat jou laat vra: ‘Wat het gebeur? Waar het ek verkeerd opgetree?’ Adolessensie het gebeur! Dis hoe die tiener se brein werk; dit is so bedraad. Hul frontale lobbe - die deel van die brein wat aan morele ontwikkeling, emosionele reaktiwiteit, impulsbeheer en besluitneming gekoppel is - is nog nie ten volle ontwikkel nie. Hul frontale lobbe sal nie voor hul twintigs, en soms selfs later, klaar gegroei wees nie. Wat het intussen van al daardie Bybelverhale en jou pogings om godvrugtige oortuigings daaruit te bou, geword? Dit is alles steeds daarbinne, tydelik verlore in daardie ontluikende lobbe! Die geloofstelsels wat jy hulle vroeër help bou het, word nie uitgevee nie - dit lê net dormant totdat hul nuwe ‘gesonde verstand’ breinselle arriveer. Dit sal weldra gebeur! Jou taak is om paniek te vermy, te bid, God toe te laat om aan hulle te werk, hulle onvoorwaardelik lief te hê en hulle anker te wees. Staan vas en leef volgens jou beginsels. Toon empatie, maar leer hulle hoe hul besluite ander mense raak. Help hulle om selfbeheersing te leer deur hulle toe te laat om die gevolge van hul dade te hanteer! Wees geduldig, ondersteunend en gee nooit met hulle op nie. Jy het die sade van God se Woord in hulle gesaai, en jy sal ‘op die regte tyd oes’ (Galasiërs 6:9 NLV)!
11 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min