Woord vir Vandag - 11 Mei 2025

Loading player...
“Leer ‘n jongmens om die regte pad te kies...” Spreuke 22:6 NLV
Gebore om te glo (1)
Om jou kind op te voed is beide uitdagend en lonend. Deur hulle onderliggende geloofsisteem te vorm, help jy hul ontwikkelende brein om permanente neurale weë te vestig wat hul morele en geestelike groei sal lei. Die neurowetenskaplikes, Andrew Newberg en Mark Robert Waldman, skrywers van die boek Born to Believe, sê vir ons dat die belangrikste jare die ouderdom van sewe tot tien is. Dit is wanneer jou kind die grootste geneigdheid het om die konsep van ‘n God wat hulle nie kan sien, voel of hoor nie, te verstaan. Wat 'n ideale geleentheid! Newberg en Waldman stel ook voor dat ons effektiefste instrument om ons kinders se geloof op hierdie stadium te bou storievertelling is, nie preke of moralisering nie. Verhale wat goddelike beginsels, morele gedrag, moed, geloof, liefde, deernis en vergifnis insluit, word maklik verteerbare bestanddele vir die bou van ‘n Christelike karakter. Storievertelling is hoe God die Israeliete opdrag gegee het om hulle kinders in sy weë en Woord te leer. Verhale van Adam en Eva, Noag, Daniël, Ester, Simson, Rut en Dawid; van Christus se geboorte, lewe, dood en opstanding; van Jesus wat op die see loop, die dooies opwek en die vyfduisend voed, roer die harte, belangstelling en verbeelding van jong kinders en veroorsaak blywende, lewensveranderende beginsels! Trouens, studies toon dat die geloofstelsels van volwassenes kragtig deur stories wat hulle gehoor het toe hulle grootgeword het, beïnvloed word. Vertel vir jou kinders stories wat hul karakter sal bou en die basis vir ‘n leeftyd van geloof sal word. As ouer is dit jou taak om hul ontwikkelende brein aan te moedig en te stimuleer tot goddelike oortuigings, besluite en lewenstyl!
10 May 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 27 Mei 2026

“…Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word… nie.” Johannes 4:15 NLV Christus kan jou siel bevredig Sy het in Samaria gewoon, was vyf keer getroud en het nou saam met ‘n man gewoon wat nie haar eggenoot was nie. Miskien het mense vreeslik oor haar…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 June 2026

“Whatever your hand finds to do, do it with your might.” Ecclesiastes 9:10 NKJV Spiritual pathways (5) The activist pathway. When you’re on this spiritual pathway, you have a high level of energy. This may be one of your favourite Scriptures: “Whatever your hand finds to do, do it with…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 30 Junie 2026

“Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Geestelike paaie (5) Die aktivispad. Wanneer jy op hierdie geestelike pad is, het jy ‘n hoë vlak van energie. Die volgende mag dalk een van jou gunsteling Skrifgedeeltes wees: ‘Doen met toewyding alles wat jou hand…
22 May 1 min

Word for Today - 29 June 2026

“I was glad when they said to me, ‘Let us go into the house of the Lord.’” Psalm 122:1 NKJV Spiritual pathways (4) The worship pathway. When you’re on the worship pathway, you resonate with the Psalmist: “I was glad when they said to me, ‘Let us go into the…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 29 Junie 2026

“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan na die huis van die Here.’” Psalm 122:1 NLV Geestelike paaie (4) Die aanbiddingspad. Wanneer jy op die aanbiddingspad is, vind jy aanklank by die Psalmdigter: ‘Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan…
22 May 2 min