Woord vir Vandag - 10 Mei 2025

Loading player...
“Vir julle wat aan Christus Jesus verbind is, is die oordeel nou heeltemal weggeneem.” Romeine 8:1 NLV
Hoe God jou sien
Wanneer ons verstaan dat God se liefde vir ons op wat Christus vir ons gedoen het, eerder as wat ons self gedoen het, gebaseer is, is die stryd verby. Nou kan ons God dien omdat ons weet dat Hy lief is vir ons en dat ons nie sy liefde hoef te verdien nie. Ons vrees nie meer verwerping deur Hom as gevolg van ons foute nie. Wanneer ons iets verkeerd doen, is al wat ons nou moet doen om ons te bekeer, God se vergifnis te ontvang en die veroordeling wat sonde meebring, te weier. Dis ‘n groot verligting om te besef dat ons ten spyte van ons onvolmaaktheid steeds geliefd en aanvaar is. Om God uit begeerte eerder as verpligting te dien, is ongelooflik bevrydend! Die oomblik wanneer jy jou vertroue in Christus plaas, sien God jou van daardie oomblik af as geregverdig. Hy aanvaar jou nie as gevolg van jou prestasie nie, maar as gevolg van jou verhouding met Hom deur Christus. Jy moet slegs besluit om dit te glo en daarop te staan.’n Bekende predikant skryf: ‘Ons word wat ons glo ons is. Daarom sal ons gedrag verbeter wanneer ons begin glo dat ons deur God aanvaar word. Ons sal dinge op die regte manier en met minder moeite doen. Maak nie saak wat ander mense al vir jou gesê het nie, God geniet dit om deur sy Woord vir jou te vertel wie jy in Hom is - geliefd, waardevol, kosbaar, talentvol, begaafd, bekwaam, kragtig, wys en verlos. Neem ‘n oomblik en herhaal hierdie nege dinge hardop. Sê: ‘Ek is geliefd, waardevol, kosbaar, talentvol, begaafd, bekwaam, kragtig, wys en verlos.’’ Dis hoe God jou sien en dis hoe jy jouself moet begin sien.
9 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min