Woord vir Vandag - 9 Mei 2025

Loading player...
“God het die mense geskep na sy beeld… God het hulle geseën deur te sê: ‘Wees vrugbaar…’” Genesis 1:27-28 NLV
Dra geestelike vrugte
Een pastoor skryf: ‘Toe God die mens geskep het, het Hy hulle na sy beeld gemaak. Dit was God se oorspronklike plan en dit het nie verander nie. Hy wil ons soos Homself – goddelik – maak. Hy doen dit deur aan ons karakter deur sy Woord, sy Heilige Gees en deur omstandighede, te werk. Die Griekse woord vir ‘karakter’ beteken: ‘getoets en betroubaar gevind.’ Dit laat mens dink aan die werk van ‘n ystersmid, wat metaal deur vuur laat gaan en dan in iets vorm wat die toets van tyd deurstaan.’ Een van die eerste dinge wat God vir die mens gesê het was: ‘Wees vrugbaar.’ Jesus verduidelik vir ons hoe om dit te doen: ‘…Wie aan My verbonde bly en Ek aan hulle, dra baie vrugte…’ (Johannes 15:5 NLV). Vrugte neem egter tyd om ryp te word. Wanneer jy die proses probeer aanjaag, proe dit nie so lekker nie. Het jy al ooit tamaties wat met gas behandel is, geproe? Jy koop dit by die kruidenierswinkel. Indien boere ryp tamaties pluk en dit verskeep, sou die tamaties stukkend by die mark uitkom. Dus pluk hulle die groen tamaties en spuit hulle met etileengas voor hulle mark toe gaan. Die etileengas maak dan die groen tamaties vinnig ryp en rooi. Daar is niks fout met daardie tamaties nie, maar as jy al ooit ‘n plaas-ryp tamatie geproe het, weet jy dat daar geen vergelyking is nie. Soortgelyk neem dit tyd vir geestelike vrugte om in jou lewe te groei. Jy kan nie ‘n blitskursus volg en met geestelike volwassenheid wegstap nie. Dit verg ‘n leeftyd van wandeling met God, vertroue in Hom, om by Hom te leer en Hom met jou hele hart lief te hê. God wil die vrug van die Gees in jou lewe voortbring, werk dus saam met Hom.
8 May 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 27 Mei 2026

“…Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word… nie.” Johannes 4:15 NLV Christus kan jou siel bevredig Sy het in Samaria gewoon, was vyf keer getroud en het nou saam met ‘n man gewoon wat nie haar eggenoot was nie. Miskien het mense vreeslik oor haar…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 June 2026

“Whatever your hand finds to do, do it with your might.” Ecclesiastes 9:10 NKJV Spiritual pathways (5) The activist pathway. When you’re on this spiritual pathway, you have a high level of energy. This may be one of your favourite Scriptures: “Whatever your hand finds to do, do it with…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 30 Junie 2026

“Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Geestelike paaie (5) Die aktivispad. Wanneer jy op hierdie geestelike pad is, het jy ‘n hoë vlak van energie. Die volgende mag dalk een van jou gunsteling Skrifgedeeltes wees: ‘Doen met toewyding alles wat jou hand…
22 May 1 min

Word for Today - 29 June 2026

“I was glad when they said to me, ‘Let us go into the house of the Lord.’” Psalm 122:1 NKJV Spiritual pathways (4) The worship pathway. When you’re on the worship pathway, you resonate with the Psalmist: “I was glad when they said to me, ‘Let us go into the…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 29 Junie 2026

“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan na die huis van die Here.’” Psalm 122:1 NLV Geestelike paaie (4) Die aanbiddingspad. Wanneer jy op die aanbiddingspad is, vind jy aanklank by die Psalmdigter: ‘Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan…
22 May 2 min