Woord vir Vandag - 7 Mei 2025

Loading player...
“…Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra.” Efesiërs 3:20 NLV
Gebruik jou verbeelding
Gebrek aan geloof is nie ‘n gebrek aan logika nie; dit is ‘n gebrek aan verbeelding. Gebrek aan geloof is die onvermoë of onwilligheid om gedagtes van ‘n God ‘…wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra’ (vers 20 NLV), te koester. God wil jou verbeelding bemagtig! ‘n Pastoor skryf: ‘As ons ‘n ewige impak op ons kultuur wil hê, kan ons dit nie net kritiseer of kopieer nie. Ons moet dit skep. As ons ons generasie met die evangelie wil bereik, kan ons ons nie net op logika beroep nie. Ons moet hulle verbeelding aangryp. C. S. Lewis is ‘n goeie voorbeeld hiervan. Kan jy aan iemand dink wat meer linkerbrein-georiënteerd en logies as Lewis was? Sy teologiese geskrifte, soos Mere Christianity tot The Problem of Pain, is so logies as wat logika kan wees. Lewis het egter linkerbrein-logika met regterbrein-kreatiwiteit gekombineer. The Chronicles of Narnia bly die verbeelding van nuwe generasies aangryp. Die kerk behoort die kreatiefste plek op aarde te wees. Daar is beslis oomblikke van vindingrykheid en verbeelding, maar ons behaal nie naastenby ons kreatiewe potensiaal nie.’ Miskien is dit omdat ons ‘n valse definisie van getrouheid het. Getrouheid is nie om iets te doen soos dit nog altyd gedoen word nie. Nee, ons moet nooit die evangelie afwater of Bybelse kompromieë aangaan om relevant te wees nie. Ons boodskap moet nooit verander nie, maar ons metodes moet verander as ons die finale oes wil insamel voor die Here terugkeer.
6 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min