Woord vir Vandag - 6 Mei 2025

Loading player...
“…Sy is ‘n staatmaker wat al baie gelowiges ondersteun het – ook vir my.” Romeine 16:2 NLV
Verbintenis. Toewyding. Kommunikasie.
Wanneer dit by die lewe se groot presteerders kom, is die apostel Paulus in sy eie liga. Hy neem egter ‘n hele hoofstuk in die Bybel, Romeine 16, om die mense wat hom gehelp het om sukses in sy roeping te behaal, te erken. Die titel van die hoofstuk kon: ‘Ek kon dit nie sonder jou gedoen het nie!’ gewees het. Paulus begin die hoofstuk deur van Febe te vertel: ‘…Ek beveel haar sterk by julle aan… Sy is ‘n staatmaker wat al baie gelowiges ondersteun het – ook vir my’ (verse 1-2 NLV). President Lyndon Johnson het gesê: ‘Daar is geen probleem wat ons nie saam kan oplos nie en baie min wat ons self kan oplos.’ Toe God vir Adam geskep het, het Hy gesê: ‘…Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ‘n metgesel maak…’ (Genesis 2:18 NLV). Hy het toe vir Eva geskep. Van die begin af leer God ons dat baie min dinge van belang al ooit deur iemand wat alleen optree, bereik is. Kyk onder die oppervlak en jy sal vind dat die meeste prestasies in werklikheid spanpogings was. Daniel Boone het metgeselle van die Transylvania Company tot sy beskikking gehad terwyl hy die Wildernispad uitgelê het. Wyatt Earp se twee broers en Doc Holliday het hom bygestaan. Charles Lindbergh het die finansiering van nege sakemanne van St. Louis en die kundigheid van die Ryan Aeronautical Company, wat sy vliegtuig gebou het, gehad. Selfs Albert Einstein het erken: ‘Ek besef baie keer per dag hoeveel my eie uiterlike en innerlike lewe op die arbeid van my medemens, beide lewende en dooies, gebou is en hoe ernstig ek myself moet inspan om soveel in ruil daarvoor te gee as wat ek ontvang het.’ Die geheim tot sukses kan in hierdie drie woorde opgesom word: verbintenis… toewyding… kommunikasie.
5 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min