Donderdag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

Loading player...
JESAJA 9
Voorspelling van die Messíasryk.
1DIE volk wat in duisternis wandel, het 'n groot lig gesien; die wat woon in die land van die doodskaduwee, oor hulle het 'n lig geskyn.
2 U het die nasie vermenigvuldig, hulle vreugde groot gemaak; hulle is vrolik voor u aangesig soos iemand vrolik is in die oestyd, soos iemand juig as die buit verdeel word.
3Want die juk wat op hulle gedruk het, en die stok wat hulle rug getref het, die roede van hulle drywer, het U verbreek soos op die dag van Mídian.
4Want elke soldateskoen wat daar wegstap met gedreun, en die kleed wat in bloed gerol is, dien tot verbranding, 'n prooi van die vuur.
5 Want 'n Kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors —
6tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die Here van die leërskare sal dit doen.
1 May 2025 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Past Deon Bosch

GENESIS 16 Abram, Sarai en Hagar 1Sarai het nog nie vir haar man Abram 'n kind in die wêreld gebring gehad nie. Sy het 'n Egiptiese slavin met die naam Hagar gehad. 2Toe sê Sarai vir Abram: “Die Here het my nou eenmaal daarvan weerhou om kinders te kan hê…
14 Sep 2AM 15 min

Sondagaand Erediens - Ds Wimpie Raath

1 TESSALONISENSE 3 12En mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense laat groei en oorvloedig maak, net soos ons liefde vir julle. 1 PETRUS 2 22“Hy het geen sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit 'n leuen gekom nie.” ROMEINE 12 Riglyne vir…
13 Sep 1PM 19 min

Sondagoggend Erediens - Ds Wimpie Raath

1 JOHANNES 4 God is liefde 7Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God. 8Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde. 9Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar:…
13 Sep 3AM 30 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

ROMEINE 8 35Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? 36Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.” 37Maar in al hierdie dinge is…
11 Sep 2AM 11 min