Woord vir Vandag - 4 Mei 2025

Loading player...
“Daar is ‘n vaste tyd vir alles... ‘n Tyd om op te pas en ‘n tyd om weg te gooi.” Prediker 3:1, 6 NLV
Weet wanneer om te laat gaan
Volharding, vasberadenheid, toewyding en die herkenning van die regte tyd om iets op te pas is prysenswaardige eienskappe, of dit nou is om tyd opsy te sit om elke dag te bid en Bybel te lees, aandete saam met jou gesin te eet, ‘n beter werk te kry, of gewig te verloor. Dit is egter net so belangrik om die regte tyd raak te sien om dinge wat jou keer om ‘n oorvloedige lewe (sien Johannes 10:10) te lei, weg te gooi. Die Bybel sê vir ons om alles af te stroop wat ons spoed kan vertraag (sien Hebreërs 12:1). Is jy nie seker hoe om te begin nie? Een onderwyser stel die volgende voor: ‘Gaan na die hardewarewinkel en koop ‘n plat stoepklip wat in jou aktetas of handsak pas. Neem dan ‘n pen en skryf al die vrese en struikelblokke wat jou keer om die lewe te geniet op die klip neer. Dra dit saam met jou waar jy ook al gaan - eet, werk, televisie kyk, stort, slaap. Dit is moeilik om iets gedoen te kry as jou spiere oortyd werk en al daardie ekstra gewig dra. Aan die einde van die tweede dag (as jy so lank uithou!), gaan sit met jou klip, hersien die lys en neem ‘n doelbewuste besluit om die bekommernisse en laste wat jou energie aftakel, te laat gaan. Gaan sit dan die klip langs jou voordeur neer. Sien jy hoeveel ligter jy voel? Hoeveel makliker dit is om dinge gedoen te kry? Voor jy elke dag die huis verlaat, neem ‘n oomblik om na jou klip te kyk en draai dan om en loop doelbewus weg.’ Dit is wat die Bybel bedoel wanneer ons lees: ‘Gee jou kommer oor aan die Here. Hy sal vir jou sorg…’ (Psalm 55:23 NLV).
3 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min