Woord vir Vandag - 3 Mei 2025

Loading player...
“Selfs al val ‘n regverdige mens sewe keer, hy sal elke keer weer opstaan…” Spreuke 24:16 NLV
Moenie breek nie, bons terug (2)
Hier is nog twee sleutels om te gebruik om terug te bons: 1) In plaas daarvan om te kla oor dit wat jy nie kan verander nie, verander dit wat jy kan. Wanneer jy nie jou situasie kan verander nie, kan jy jou houding daaroor verander. Hoe doen jy dit? Deur jou gedagtes met God se Woord te herprogrammeer. Die Bybel sê: ‘want elkeen wat God as Vader het, oorwin die wêreld. Die oorwinning wat die wêreld verower het, is ons geloof. Wie anders kan dit wees wat die wêreld verower as die een wat bely dat Jesus die Seun van God is?’ (1 Johannes 5:4-5 NLV). 2) In plaas daarvan om oor jou pyn te kla, groei daardeur. Toe die fotograaf Linda Joy Montgomery op die kruin van haar loopbaan verneem dat sy besig is om blind te word, het ‘n innerlike stem gesê: ‘Dit is nie die einde nie; dis die begin.’ Sy het gedigte begin skryf, haar roeping as motiveringspreker ontdek en die True Vision Institute geskep, waar kinders leer om hul innerlike hulpbronne te benut. Om ‘n lewensdoel in jou pyn te vind is nie ‘n nuwe idee nie. Oorlewendes van lewensgevaarlike siektes, natuurrampe, die Holocaust en ouers van chronies siek kinders, demonstreer voortdurend hoe oorwinnaars die spreekwoordelike silwer randjie, deur hulself te herontdek, vind. Om uitdagings te oorkom, help jou om 'n kan-doen-houding te ontwikkel wat sê: ‘Was daar, het dit gedoen en ek sal oorleef.’ Die basketbalster Michael Jordan het gesê: ‘Ek het meer as 9 000 doele in my loopbaan misgegooi; meer as 300 wedstryde verloor; 26 keer het ek die wedstryd se wen-doel geneem en misgegooi. Ek het oor en oor in my lewe gefaal. Daarom kan ek nou oorwin.’ Jy kan dit ook doen.
2 May 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 27 Mei 2026

“…Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word… nie.” Johannes 4:15 NLV Christus kan jou siel bevredig Sy het in Samaria gewoon, was vyf keer getroud en het nou saam met ‘n man gewoon wat nie haar eggenoot was nie. Miskien het mense vreeslik oor haar…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 June 2026

“Whatever your hand finds to do, do it with your might.” Ecclesiastes 9:10 NKJV Spiritual pathways (5) The activist pathway. When you’re on this spiritual pathway, you have a high level of energy. This may be one of your favourite Scriptures: “Whatever your hand finds to do, do it with…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 30 Junie 2026

“Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Geestelike paaie (5) Die aktivispad. Wanneer jy op hierdie geestelike pad is, het jy ‘n hoë vlak van energie. Die volgende mag dalk een van jou gunsteling Skrifgedeeltes wees: ‘Doen met toewyding alles wat jou hand…
22 May 1 min

Word for Today - 29 June 2026

“I was glad when they said to me, ‘Let us go into the house of the Lord.’” Psalm 122:1 NKJV Spiritual pathways (4) The worship pathway. When you’re on the worship pathway, you resonate with the Psalmist: “I was glad when they said to me, ‘Let us go into the…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 29 Junie 2026

“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan na die huis van die Here.’” Psalm 122:1 NLV Geestelike paaie (4) Die aanbiddingspad. Wanneer jy op die aanbiddingspad is, vind jy aanklank by die Psalmdigter: ‘Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan…
22 May 2 min