KOFFIEDATE MET PHILLIPINE - Above All: Warren Hendricks se Getuienis van Geloof en Vasberadenheid

Loading player...
In hierdie aangrypende episode van Koffidate met Phillipine Morkel, gesels ons met Warren Hendricks — ’n inspirerende gospel-sanger, bemarker en musiekvervaardiger van Atlantis. Warren deel sy kragtige lewensreis ná sy Multiple Sklerose (MS) diagnose in 2021 en hoe sy geloof hom geanker het tydens tye van onsekerheid.

Met die tema “Above All...” (Efesiërs 3:20), neem Warren ons terug na sy vroeë jare, sy passie vir uitreik-aksies en musiek, en die struikelblokke wat hy moes oorwin ná sy diagnose. Hierdie getuienis is ’n boodskap van hoop, geloof en deursettingsvermoë — perfek vir enigiemand wat inspirasie en ’n vars perspektief nodig het.
9 Apr Afrikaans South Africa Christianity

Other recent episodes

KOFFIEDATE MET PHILLIPINE - ’n Roep tot Bekering met Chané Mack & Heinrich Antonie

Hierdie week op #KOFFIDATE met Phillipine (Woensdag 23 Julie) staan onder die tema "’n Roep tot Bekering" (2 Kronieke 7:14). 🎤 Tussen 09:00–11:00 gesels Chané Mack, gospel-sangeres, skoonheidsterapeut en aktrise bekend vir haar rol as Lulu Harris in Arendsvlei, oor haar musiekreis, haar passie vir Evangelie-musiek en die storie agter…
23 Jul 1 hr 55 min